Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 150

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die besoek aan die hawe - Die kosbare skip - Cirénius bedank Josef - Die Kindjie antwoord en verwys na die weldade aan die armes

(24 Feb 1844)

150 Cirénius het die skip noukeurig bekyk en uitgereken vir hoeveel mense daarin wel plek sou wees. 

[2] En hy het vasgestel dat daar in geval van nood baie maklik duisend mense ingebring sou kon word. 

[3] Terwyl hy so aan die bereken was, het Cirénius hom ook van die uitsonderlike stewigheid en sierlikheid van die skip oortuig, 

[4] want dit het nie so daar uitgesien as oud en gelap nie, maar die hele skip het daar uitgesien asof dit gegiet was. 

[5] Daar was geen naat te ontdek nie en aan die hout kon `n mens geen jaarringe, kwaste of ander vesels of porieë te siene kry nie. 

[6] Toe Cirénius hom van dit alles oortuig het en natuurlik met sy nodige gevolg weer van die skip na die geselskap op die oewer teruggekom het, het hy dadelik na Josef gestap en gesê: 

[7] ”My mees verhewe vriend, jy is die gelukkigste van alle mense op aarde! Oor die wonder verbaas ek my nou heeltemal nie meer nie, want ek weet nou immers maar al te goed, dat by God alle dinge moontlik is. 

[8] Ek weet dat dit geen opgeknapte en gelapte nie, maar `n totaal nuutgeskape skip is; maar ek verbaas my nie daaroor nie! 

[9] Want vir die Heer sal dit wel ewe maklik wees om `n volledige wêreld te skep of ook `n so `n skip, want die aarde is immers ook `n skip, wat baie mense dra op die see van die oneindigheid! 

[10] Maar dat jy my nou tot jou groot skuldenaar gemaak het, kyk, dit laat my daaroor nadink op welke manier ek ooit aan jou hierdie skuld kan afbetaal! 

[11] Want kyk, hierdie skip wat vroeër nouliks `n pond silwer werd was, omdat dit meer na `n wrak as na `n skip gelyk het, is nou meer as tienduisend pond goud werd! 

[12] Want dit kan nou vir `n reis oor die Suile van Herkules (Gibraltar) na Brittanje gebruik word en ook om rondom Afrika tot by Indië mee te seil! 

[13] Waarlik, so `n werk is immers volgens wêreldse maatstawwe met geen goud te betaal nie! 

[14] Kyk, my mees verhewe vriend, dit is dit wat my nou baie laat dink hoe ek ooit hierdie skuld aan jou sal afbetaal! 

[15] Indien jy goud waardeer, dan moet jy, sowaar as jou en nou ook my God leef, binne sewe dae tienduisend pond hê! 

[16] Maar ek weet dat goud in jou oë `n gruwel is en daarom is ek nou verdrietig dat ek jou, my grootste vriend, iets skuldig moet bly!” 

[17] Nou het Josef Cirénius se hand gegryp, dit aan sy bors gedruk en wou iets sê, maar by die sien van hierdie edele Romein het daar trane in sy oë gekom. 

[18] Die Kindjie het Hom daarenteen opgerig, vir Cirénius geglimlag en gesê: ”My liewe Cirénius Quirinus, waarlik, Ek sê vir jou: al sou jy ook maar net een arme in My Naam opgeneem het, dan sou jy al meer gedoen het as wat tienduisend sulke skepe werd is! 

[19] Maar jy het nou in `n kort tydjie baie honderde armes versorg en Ek sou jou selfs baie sulke skepe moes gee om jou daarvoor volgens aardse maatstawwe te vergoed! 

[20] Want kyk, vir My is `n mens meer werd as `n hele wêreld vol sulke skepe! Wees daarom nie oor jou vermeende skuld bekommerd nie! 

[21] Wat jy vir die armes doen, doen jy ook vir My; daarvoor sal Ek jou egter nie hier op aarde beloon nie, maar as jy sal sterwe, sal Ek jou siel dadelik opwek en jou gelyk maak aan hierdie dienaars van My, wat die skip herstel het!” 

[22] Hierby het Cirénius geween en hy het betuig, dat hy van nou af aan sy hele lewe sou bestee aan die welsyn van die arme, lydende mensheid. 

[23] Die Kindjie egter het Sy hand opgehef en gesê: ”Amen” en het daarop Cirénius en die skip geseën.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205