Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 155

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Cirénius se sorge oor die skip - Die goeie raad van die engel - Cirénius dank Josef en die Kindjie - Voorspelling van Josef oor die avontuurlike reis van Cirénius

(01 Mrt 1844)

155 Teen die aand is daar nog `n aandete berei en genuttig, waarna voorbereidings getref is vir die vertrek van die volgende dag. 

[2] Volgens wat Cirénius en sy gevolg geweet het, was die nuwe Kartaagse skip nog met niks gelaai of van voorraad voorsien nie, sodat Cirénius hom tog heimlik `n bietjie daaroor bekommer het. 

[3] Maar daar het `n jongman na hom toe gekom, en hy het gesê: ”Quirinus, jy moet jou ook heimlik oor niks bekommer nie! 

[4] Want kyk, dit waaroor jy nou so besorgd is, is lankal alreeds volkome in orde! 

[5] Tref net goeie maatreëls vir jou huis tydens jou afwesigheid; vir al die ander word alreeds deur ons gesorg in die Naam van die Heer God Sebaot!”  

[6] Cirénius het dit geglo - en het hom nou oor niks meer bekommer betreffende die skepe nie. 

[7] Daarna het Cirénius die hoofman na hom geroep en die leiding en versorging van die kasteel aan hom oorgegee. 

[8] Nadat die hoofman weer met sy normale diens begin het, 

[9] het Cirénius die owerste na hom laat kom en aan hom weer die volmag oor die militêre kontingent wat in hierdie stad gestasioneer was, gegee. 

[10] Want by die Romeine mag die owerste in die teenwoordigheid van die landvoog die leër nie na eie goeddunke kommandeer nie, want daar was die landvoog om so te sê alles in alles. 

[11] Toe Cirénius alles gereël het, het hy na Josef toe gegaan en gesê: 

[12] ”My mees verhewe, ja ek sou graag wou sê, my heilige vriend en broer! Wat het ek nie alles aan jou en heel in die besonder aan jou mees heilige Kindjie te danke nie! 

[13] Hoe, wanneer en waarmee sal ek ooit in staat wees om hierdie groot skuld aan jou af te betaal? 

[14] Jy het my Tullia gegee en op wonderbaarlike wyse my lewe gered! 

[15] Ja, ek kan al die buitengewone wonderweldade, wat jy my bewys het in die kort tydjie wat ek hier was, selfs nie optel nie!' 

[16] En Josef het gesê: ”Vriend, hoe lank is dit gelede dat ek in groot moeilikhede verkeer het? 

[17] Toe is jy my as reddende engel van die Heer in Tyrus tegemoet gestuur! 

[18] En kyk, so was die een hand voortdurend die ander aan die groot liggaam van die hele mensheid! 

[19] Maar nou niks verder daaroor nie! Kyk, dit het aand geword! Die villa is `n uur se reis buite die stad geleë; laat my daarom nou opbreek en huis toe gaan! 

[20] My seën en die seën van die Heer het jy en jou reisgenote veelvuldig ontvang; daarom kan jy getroos van hier af vertrek! 

[21] Maar neem die drie leeus saam op jou skip - hulle sal goeie dienste aan jou bewys! 

[22] Want julle sal in `n storm invaar en op Kreta strand, waar roofsugtige Kretensers julle sal oorval. 

[23] En dit sal hier wees dat die drie leeus weer `n goeie diens aan jou sal bewys!” 

[24] Nou het Cirénius angstig geword, maar Josef het hom getroos en hom verseker dat niemand ook maar die geringste skade sou ly nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205