Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 156

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die dank van Maronius, die drie priesters en Tullia – Josef se gebod om te swyg

(02 Mrt 1844)

156 Daarop het Maronius Pilla met die drie priesters na Josef toe gekom en hom vir al die wonderbaarlike weldade gedank. 

[2] En Josef het hom gemaan om te swyg oor alles wat hy hier gesien het. 

[3] En Maronius en die drie priesters het dit plegtig beloof. 

[4] Daarna het Tullia gekom en voor Maria neergeval en in trane van dankbaarheid weggesmelt. 

[5] Maar Maria het haar met die Kindjie neergebuig, Tullia opgehef en aan haar gesê: 

[6] ”Wees geseënd in die Naam van Hom, wat op my arms rus! Wees steeds dankbaar in jou hart, gedagtig aan hierdie Kind, dan sal jy in Hom jou heil vind! 

[7] Plaas `n wag voor jou mond en verraai ons teenoor niemand nie! 

[8] Want die tyd sal kom, dan sal die Heer wel self Homself aan die wêreld openbaar!” 

[9] Hierna het Maria Tullia, wat gesnik het, laat gaan. 

[10] Josef het egter nou aan Cirénius gesê: ”Vriend, talle uit jou gevolg was getuies van menige wonderdade; gebied hulle terwille van hulle heil, dat ook hulle maar moet swyg oor alles wat hulle hier gesien het!  

[11] Want elke verraaier van hierdie suiwer Goddelike saak sal deur die dood getref word, as hy nie wil swyg nie!” 

[12] Cirénius het Josef dit plegtig beloof en hom verseker, dat iemand nooit ook maar `n sillabe sou verneem nie. 

[13] Josef het Cirénius geloof en hom ten slotte aan die beloofde agt kinders, die vyf meisies en die drie jong seuns, herinner. 

[14] En Cirénius het gesê: ”O vriend, dit sal sekerlik my eerste werk wees! 

[15] Maar nou nog één vraag: Kyk, ek sal hierdie jaar nog vanweë Tullia na Rome moet gaan! 

[16] My broer Augustus Caesar sal, daar hy, soos jy weet, alreeds iets van my verneem het, my beslis meer vrae stel. 

[17] Wat moet ek aan hom sê? In hoeverre mag ek hierdie edele mens in hierdie geheim inwy?” 

[18] En Josef het gesê: ”Jy kan wel heelwat aan hom sê, maar alleenlik onder vier oë. 

[19] Maar herinner hom daaraan dat hy, as hy swyg, ongestoord in sy keiserlike waardigheid sal bly, so-ook sy nakomelinge; 

[20] maar as hy ook maar net `n lettergreep êrens sal laat val, sal God hom dadelik straf! 

[21] En as hy teen die Almagtige in opstand sal kom, dan sal hy op dieselfde oomblik met die hele Rome ondergaan!” 

[22] Cirénius het Josef inniglik vir hierdie les gedank; en Josef het hom geseën en hom met al sy mense na die villa begeef.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205