Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 157

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

JOSEF WEER TUIS MET SYNE

Liefdevolle gesprek van die Kindjie met Jakobus - Die las en die gewig van die Heer vir hulle wat Hom in hulleself dra -Die plotselinge stilword van die Kind Jesus wat tot nou toe gepraat het.

(04 Mrt 1844)

157 Buitekant die stad het Maria die Kindjie aan Jakob (Jakobus) oorgegee, want sy het moeg geword omdat sy Hom hierdie hele dag in haar hande gehad het. 

[2] En Jakob was vol vreugde dat hy sy liefling weer eens mag gedra het. 

[3] Die Kindjie het Sy oë na hom opgeslaan en gesê: ”My liewe Jakob, jy het My egter wel van ganser harte lief.  

[4] Maar as Ek baie swaar vir jou sou word, sou jou My dan nog so liefhê?” 

[5] En Jakob het gesê: ”O my allerliefste Broertjie, al sou Jy ook so swaar word soos ek is, dan sou ek Jou nogtans met `n hart wat van liefde brand op my arms dra.” 

[6] Die Kindjie het gesê: ” My broer, nou sal Ek sekerlik nog nie te swaar vir jou word nie, 

[7] maar eens sal die tyd kom, waarin Ek vir jou tot `n groot las sal word! 

[8] Daarom doen jy goed daaraan, dat jy nou al in liefde aan My gewig gewoond raak; 

[9] wanneer dan die moeilike tyd sal aanbreek, dan sal jy My in My volle gewig net so maklik dra, soos jy My nou as Kind dra! 

[10] Maar Ek sê vir jou: Elkeen wat My nie eers vantevore as `n Kind sal dra nie, sal eendag onder My volle gewig beswyk! 

[11] Wie My egter as `n klein swak Kindjie in sy hart sal dra, soos jy nou op jou hande, vir hom sal Ek ook op volwasse leeftyd tot `n baie ligte las word!”

[12] En Jakob, wat hierdie verhewe woorde nie verstaan het nie, het die Kindjie liefkosend gevra: 

[13] ”O my allerliefste Broertjie, My Jesus, sal Jy Jou dan ook as `n man laat ronddra?” 

[14] Maar die Kindjie het gesê: ”Jy het My met al jou krag lief en dit is vir My genoeg! 

[15] Jou eenvoud het Ek liewer as die wysheid van die wyses, wat baie reken en voorspel, maar wie se harte daarby kouer is as ys. 

[16] Wat jy nou nog nie begryp nie, dit sal op die regte tyd vir jou baie duidelik wees. 

[17] Sien jy, Ek is nou nog maar `n Kind op `n totaal onmondige leeftyd; 

[18] en kyk, nogtans is My tong al los en Ek praat met jou soos `n volwasse man! 

[19] As Ek so sou bly, dan sou Ek soos `n dubbelwese wees, `n kind vir die oog - en `n man vir die oor. 

[20] Maar so kan dit dus nie bly nie! Ek sal Myself nog een jaar lank die swye oplê teenoor almal behalwe teenoor jou; 

[21] maar jy sal My stem alleenlik in jou hart hoor! 

[22] As Ek egter weer met My mond sal praat, dan sal jou oog My wel manliker waarneem, maar jou oor sal van My slegs kinderlike taal verneem! 

[23] Aan jou het Ek dit alles nou meegedeel, sodat jy jou dan nie oor My sal vererg nie; en laat dit so wees!” 

[24] Nou het die Kindjie weer volkome spraakloos geword en hom soos elke ander kind gedra. En tydens hierdie gesprek het hulle ook alreeds die villa bereik.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205