Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 161

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

`n Lieflike oggend in Josef se huis - Maria en Josef is bekommerd oor die swye van die Kindjie - Maria se mislukte proef - Josef se edelmoedigheid ten opsigte van die blinde man - Hy word deur Jakob genees

(08 Mrt 1844)

161 By hierdie gebeurtenis het Maria ook wakker geword; sy het die slaap uit haar oë gevryf, dadelik opgestaan en haar gewas en in die sykamertjie haar nagkleed vir haar kleed vir die dag verwissel. 

[2] `n Klein rukkie later het sy heeltemal skoon en verfris weer teruggekom, haar voorkoms soos `n engel uit die hemel, so mooi, so goed, so vroom en so sorgsaam berustend in die wil van die Heer. 

[3] Sy het Josef gegroet en hom gekus en het daarna ook Eudokia omhels en gekus!

[4] Na hierdie hartlike begroeting, wat die bejaarde Josef altyd `n paar trane van vreugde besorg het, het Maria – terwyl sy haar in haar hart verootmoedig het - vol liefde by die wieg neergekniel en die Kindjie biddend die bors gegee. 

[5] Nadat die Kindjie gedrink het, het Maria dadelik `n warm bad laat gereedmaak en het die Kindjie soos gewoonlik gebad. 

[6] En die Kindjie het vrolik in die waterkom getrappel en het ywerig Sy ongeartikuleerde stemmetjie laat hoor. 

[7] Toe die Kindjie gebad en afgedroog was en weer in skoon kleertjies en kousies aangetrek was, 

[8] het Maria aan die Kindjie gevra hoe Hy gevoel het,en of die skoon kleertjies vir Hom aangenaam was. 

[9] Want sy het immers geweet, dat die Kindjie kon praat en wel goddelik wys daarby; sy het egter nie geweet nie - want behalwe Jakob het niemand dit geweet nie - dat die Kindjie Sy tong weer gebind het. 

[10] Daarom het elkeen dit vreemd gevind dat die Kindjie op die vraag van Maria geen antwoord gegee het nie. 

[11] Maria het daarop die Kindjie dringend gevra of Hy tog asseblief iets wou sê, maar Hy het net Sy kinderstemmetjie laat hoor en van `n woord was daar geen sprake meer nie! 

[12] Dit het sowel Maria en Josef verontrus en sy het haarself afgevra of die engele die Goddelike Kind gedurende die nag dalk na die hemel gebring het en daarvoor in die plek `n geheel en al gewone kind in die wieg gelê het. 

[13] Want die geloof aan die omruiling van kinders het by die Judeërs baie algemeen voorgekom. 

[14] Maria en ook Josef het die Kindjie baie angstig beskou of Hy nog wel dieselfde Kind was, 

[15] maar sy kon nie die geringste verskil ontdek nie, nog aan die hoof, nog êrens anders. 

[16] Toe het Maria gesê: ”Bewaar die badwater en soek `n sieke en bring hom hierheen, 

[17] want tot dusver het die water steeds `n wonderbaarlike heilsame krag gehad! 

[18] Word die sieke gesond, dan het ons nog ons Kindjie; word hy nie gesond nie, dan het dit God die Heer behaag om ons `n ander Kindjie in die plek van Sy Kind te gee!” 

[19] Jakob wou nou iets sê, maar die Kindjie het hom dit duidelik waarneembaar in sy hart verbied en hy het geswyg. 

[20] Josef het dadelik sy oudste seun na die stad gestuur om `n sieke te gaan haal. 

[21] Anderhalfuur later hy met `n blinde teruggekom en Maria het sy oë met die badwater gewas, maar die blinde het nie die lig in sy oë teruggekry nie. 

[22] Hierdie verskynsel het Maria, Josef, die vier seuns en Eudokia verdrietig gemaak; net Jakob het opgewek gebly en die Kindjie op sy arm geneem en Hom geliefkoos. 

[23] Maar die blinde het gemurmureer, omdat hy gemeen het, dat hy maar net gekul was. 

[24] Josef het hom egter getroos en beloof om as vergoeding vir hierdie vermeende kullery hom lewenslank te versorg. Daarmee was die blinde weer gerusgestel. 

[25] Josef het egter die vrolikheid van Jakob opgemerk en het hom dit as sonde teenoor hom as vader voorgehou. 

[26] Maar Jakob het gesê: ”Ek is vrolik, omdat ek weet waar ek daaraan toe is, maar julle treur, omdat julle dit nie weet nie! Weet julle dan nie dat `n mens God nie moet versoek nie?!” 

[27] Hierby het Jakob sy asem in die blinde se gesig geblaas en op dieselfde oomblik het hy siende geword; almal het nou verbaas na Jakob gekyk en nie geweet waar hulle aan of af was nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205