Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 166

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

JONATHAN KOM NA JOSEF SE HUIS

Jonathan by sy jeugvriend Josef - Die verhaal van Jonathan en sy vraag na die besondere Kind van Josef – Josef se verhaal oor die Kind – Jonathan se nederigheid en liefde tot die Kind en sy gebed

(14 Mrt 1844)

166 Jonathan het aan Josef die drie vaatjies met vis oorhandig, waarmee hy hom `n groot vreugde berei het, want Josef was `n groot liefhebber van vis. 

[2] Daarna het hy aan Josef gesê: “My geliefde jeugvriend, sê my tog wat vir `n Kind jy het! 

[3] Voorwaar, Hy kan hoogstens twee tot drie jaar oud wees en Hy praat so verstandig, asof Hy `n volwasse man is! 

[4] En kyk, ek, wat tog twee osse onder my arms kan dra soos jy twee lammers, wou Jakob met die Kindjie die hele dag by my hou en met hulle in die aand deur die seearm waad en na jou huis bring! 

[5] Toe ek hierdie wens aan Jakob bekendgemaak het, het die Kindjie met my gepraat en tot my nie geringe verbasing gesê: 

[6] “'Jonathan, jou wil is goed, maar sal ons vir jou nie dalk te swaar word nie!” 

[7] Dat ek met die wete van my krag oor hierdie kinderlikbesorgde vraag moes glimlag, is vanselfsprekend! 

[8] Maar toe het die Kindjie gesê, dat dit net op `n toets aankom; ek moes probeer om Hom alleen heen en terug deur die seearm te dra om my daarvan te oortuig, dat Hy vir my nie te swaar sou word nie! 

[9] Met die goedkeuring van Jakob het ek die Kindjie op my arm geneem en Hom deur die water gedra. 

[10] Soontoe was dit wel nog moontlik om Hom te dra, maar terug moes ek `n stok neem om op te steun, en het net ternouernood ek die oorkantste oewer bereik! 

[11] Want voorwaar, liewe vriend, jy kan my glo, dat die Kind so ontsettend swaar was, dat ek werklik geglo het dat ek die las van `n hele wêreld op my arms gedra het! 

[12] Toe ek die oewer bereik het en die Kindjie vinnig aan Jakob oorgee het en `n bietjie tot verhaal gekom het, 

[13] het ek aan Jakob gevra hoe dit moontlik was, dat die Kind swaarder as die hele wêreld kan wees. 

[14] En weer het die Kindjie ongevraagd gesê, 

[15] dat ek nou meer gedra het as wanneer ek `n hele wêreld sou gedra het! - 

[16] Vriend, van dit alles is jou seun Jakob `n getuie gewees! Nou vra ek jou daaroor en sê: 

[17] Om JaHWeH se wil, wat het jy dan wel vir `n Kind? Voorwaar, dit kan geen natuurlike saak wees nie!” 

[18] En Josef het aan Jonathan gesê: “Indien jy kan swyg soos die graf, omdat jou lewe anders in groot gevaar sou kom! - dan sou ek jou graag, my ou alleragbaarste vriend, wel iets wil vertel!” 

[19] En Jonathan het gesweer en gesê: “'By God en alle hemele, ek wil duisendmaal liewer in die vuur sterf as om jou ooit met `n woord te verraai!”' 

[20] Toe het Josef hom met hom saamgeneem na sy lieflingsheuwel en vertel hom die hele verloop van sake met die Kindjie, waarvan Jonathan nog heeltemal niks geweet het nie. 

[21] Toe Jonathan dit alles in `n kort beskrywing verneem het, het hy op sy knieë neergeval en vanaf die heuwel die Kindjie aanbid, wat juis te midde van die agt ander kinders rondgedartel het, 

[22] en het aan die einde van sy lang gebed gesê: “O saligheid van alle salighede! My God, my Skepper het my besoek! Ek het Hom, wat alle wêrelde en alle hemele dra, op my arms gedra! O eindelose barmhartigheid van alle barmhartighede! O aarde, is jy so `n barmhartigheid wel werd?! Ja, nou verstaan ek die woorde van die Kind van God : “Jy het meer as `n wêreld gedra!" Toe het Jonathan geswyg en kon van pure verrukking `n uur lank geen woord uitbring nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205