Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 168

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Joël se sleg bereide dik pap - Verwyte van Maria en Josef - Die Kindjie het begrip vir Joël - Opvoedingswenke

(16 Mrt 1844)

168 Maria het nou eers van die dik pap wat Joël vir die Kindjie klaargemaak het, geproe en het dit werklik ietwat suur, korrelrig en ghriesmeelagtig verdik gevind. 

[2] Sy het dadelik Joël na haar toe laat kom, wat in die kombuis nog druk besig was met die braai van die visse. 

[3] Toe hy gekom het, het die moeder baie ernstig gesê: “Joël, proe jy die dik pap eers! 

[4] Het jy dan so weinig respek vir die Kind, vir jou vader Josef en vir my, die getroue vrou van jou vader, dat jy my so-iets wil aandoen?! 

[5] Het ons koeie en bokke dan geen vars melk meer in die uiers nie? 

[6] Waarom het jy melk van gister, wat al suur geword het en wat mens wel koud kan drink as jy dors het, maar nie gekook nie, omdat dit dan skadelik is, in die besonder vir kinders?” 

[7] Nou het ook Josef die dik pap geproe en wou Joël al `n klein tugtiging gee. 

[8] Maar die Kindjie het Hom opgerig en gepraat: “O julle mense! Waarom wil julle My in alles oortref?! 

[9] Is dit dan nie voldoende wat Ek oor Joël opgemerk het nie?! Waarom wil julle hom dan na My, hom nog volkome oordeel?! 

[10] Dink julle, dat Ek `n welgevalle het aan so `n strengheid van julle? - O nee! My geval alleenlik net liefde, sagmoedigheid en geduld! 

[11] Joël het hom deur sy agtelosigheid weliswaar strafbaar gemaak, 

[12] en Ek het hom dan ook deur My afkeurende opmerking dadelik bestraf. Hierdie straf is egter voldoende; waarom dan nog `n verdere verwyt en `n tugtiging daar nog boonop? 

[13] Elke vader doen daar wel goed aan, as hy die klein ondeunde kinders met die roede bestraf, maar vir volwasse seuns moet hy steeds `n wyse en sagmoedige leermeester wees! 

[14] Alleenlik wanneer `n seun hom teen sy vader verhef, moet daar dreigend teen hom opgetree word! 

[15] Bekeer hy hom, dan moet hy weer in vrede herstel word; 

[16] bekeer hy hom egter nie, dan moet hy verstoot word en uit die huis van sy vader en uit sy vaderland verdryf word! 

[17] Maar Joël het immers niks misdryf nie, alleen die lus vir die vis het hom nie soveel tyd toegelaat om `n bok te melk nie! 

[18] Maar van nou af sal hy so-iets beslis nooit meer doen nie, daarom is hom ook alles vergewe!” 

[19] Daarop het die Kindjie Joël na Hom geroep en gesê: “Joël, as jy My liefhet soos Ek jou liefhet, doen dan voortaan jou vader en moeder nie meer sulke sorge aan nie!” 

[20] Joël het van ontroering begin huil en het op sy knieë neergeval en die Kindjie, Maria en Josef om vergewing gevra. 

[21] En Josef het gesê: “Staan maar op, my seun, wat die Heer jou vergeef, dit is jou ook deur my en jou moeder vergewe! 

[22] Gaan nou maar en kyk hoe dit met die visse staan!" 

[23] En die Kindjie het nog gou daaraan toegevoeg: “Ja, ja, gaan maar, anders braai die visse te veel en sal dan ook nie goed wees nie en Ek wil immers Self daarvan eet!” 

[24] Hierdie besorgdheid het die ander agt kinders so goed geval, dat hulle van vreugde hardop gelag het 

[25] Die Kindjie Self het ook baie hartlik meegelag en het daardeur `n eg vrolike stemming in die geselskap aan tafel gebring en Jonathan se oë het vol geword van vreugdetrane van verrukking .


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205