Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Salome se versoek aan Maria - Maria se welwillendheid – Salome se bevinding, straf en berou - Die raad van die engel aan Salome – Salome se genesing - `n waarskuwing van bo

(26 Aug. 1843)

17 Nadat Salome dit gesê het, het sy dadelik die grot binnegegaan en gesê: 

[2] ”Maria, my siel is in geen geringe stryd verwikkel nie; daarom vra ek jou om jou voor te berei, sodat ek jou met my ervare hand kan ondersoek en daaruit kan vasstel, hoe dit met jou maagdelikheid gesteld is!” 

[3] Maria het haar gewillig na die wens van die ongelowige Salome geskik en het haar laat ondersoek. 

[4] Maar toe Salome Maria se liggaam met haar ervare hand aangeraak het, het sy onmiddellik verskriklik begin huil en het luidkeels geskreeu: 

[5] ”Wee, wee my weens my goddeloosheid en my groot ongeloof, dat ek die ewig lewende God wou versoek het! Want kyk, kyk hier, - my hand verbrand in die vuur van die Goddelike toorn oor my as ellendeling!” 

[6] Na hierdie woorde het sy dadelik voor die Kindjie op haar knieë neergeval en gesê: 

[7] ”O God van My vaders! U almagtige Heer van alle heerlikheid! Dink aan my, dat ek ook `n nakomeling is van Abraham, Isak en Jakob! 

[8] Maak my nie tot mikpunt van spot vir die seuns van Israel nie, maar gee U aan my my gesonde ledemate weer terug!” 

[9] En kyk, dadelik het daar `n engel van die Heer langs Salome gestaan en hy het met haar gepraat: ”God die Heer het jou smeking gehoor; gaan na die Kindjie toe en dra Hom, dan sal jy `n groot heil wedervaar!” 

[10] Toe Salome dit verneem het, het sy op haar knieë na Maria toe gegaan en haar gevra om die Kindjie te mag dra.  

[11] Gewillig het Maria haar die Kindjie gegee en aan haar gesê: ”Mag dit mag jou tot heil strek ooreenkomstig die uitspraak van die engel van die Heer; die Heer ontferm Homself oor jou.” 

[12] En Salome het die Kindjie op haar arm geneem en Hom knielend gedra en gesê, sodra sy die Kindjie op die arm gehad het: 

[13] ”O God, U almagtige Heer van Israel, wat regeer en heers van die ewigheid af! In alle volle waarheid is hier vir Israel `n Koning van alle konings gebore, wat magtiger sal wees as Dawid, die man na JaHWeH se hart! U is ewig deur my geloof en geprys!” 

[14] Na hierdie woorde is Salome dadelik weer volkome genees en sy het met `n dankbare en berouvolle hart die Kindjie weer terug aan Maria gegee en so geregverdig die grot weer verlaat. 

[15] Buite gekom, wou sy dadelik luid begin te roep oor die groot wonder van alle wondere en sy begin ook dadelik aan haar suster te vertel wat haar oorgekom het. 

[16] Maar dadelik het `n stem van bo hoorbaar geword en aan Salome gesê: ”Salome, Salome, vertel aan niemand, wat jou so buitengewoon oorgekom het nie! Want eers moet die tyd kom, dat die Heer deur woorde en dade van Homself sal getuig!” 

[17] Hierop het Salome dadelik stilgebly en Josef het na buite gegaan en beide die susters gevra om volgens die wens van Maria weer in die grot terug te kom, sodat niemand iets sou merk van wat daar in hierdie grot wonderbaarliks plaasgevind het nie. Beide het weer deemoedig die grot binnegekom.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205