Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 177

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Jonathan se verbasing oor die ronde vorm van die aarde - Jesus as 'professor in die natuurwetenskappe' - Voorbereiding vir die aandete

(29 Mrt 1844)

177 Eers na `n rukkie het Jonathan aan Josef gesê: “Broer, wie het dit ooit ook maar kon droom, dat die aarde `n ontsettende groot sfeer sou wees?! 

[2] Ons woon dus net op die oppervlakte van hierdie sfeer? 

[3] Maar hoe is dit dan met die see gesteld? Behoort dit ook tot die sfeer, of dryf die vaste aardbol daarop?” 

[4] Nou het die Kindjie hom tot hulle gewend en gesê: “Sodat julle vannag deur louter bekommernis die weldadige slaap nie sal mis nie, moet Ek julle wel uit julle droom help! 

[5] Kom nader, en Jakob, bring jy My vinnig nog `n baie mooi pampelmoes!” 

[6] Toe dit gebring was, het die Kindjie dit in Sy hand geneem en gesê: 

[7] “Kyk, dit is die aarde! Maar nou wil Ek, dat hierdie pampelmoes op die kleinste moontlike skaal volkome na die aarde sal lyk, en berge, dale, riviere, mere en seë sal hê en ook plekke wat deur die mense gebou is. - Laat dit so wees!” 

[8] Op dieselfde oomblik het hom in die hand van die Kindjie `n hele volmaakte aardbol op die kleinste skaal bevind.

[9] `n Mens het die see, die riviere, die mere, die berge en ook die stede baie natuurgetrou op hierdie bal gesien, wat weliswaar deur die 'Laat dit so wees!' honderdmaal so groot as `n pampelmoes geword het. 

[10] Almal het nou na vore gedring om hierdie wonderbaarlike miniatuurskepping van die aarde te bekyk. 

[11] Josef het gou Nasaret en Jerusalem daarop gevind en was verbaas oor die buitengewone noukeurigheid. 

[12] Eudokia het spoedig Thebe in haar vaderland gevind en was verbaas oor die noukeurigheid. 

[13] So is ook Rome gevind en nog `n aantal ander bekende plekke. 

[14] Meer as `n uur het die betragting van hierdie aardbol geduur en wou geen einde neem nie. 

[15] Selfs Maria het hierdie klein aarde so goed geval, dat sy uiters verkwik is deur die aanblik daarvan. 

[16] En die agt kinders het asof versteen gestaan met hulle oë strak op hierdie aardbol gevestig. 

[17] Die Kindjie het nou soos `n professor in die Geografie die wese van die aarde uitvoerig verduidelik en almal het Sy woorde verstaan. 

[18] Toe die Kindjie klaar was met hierdie uitleg, het Hy aan Jakob gesê: 

[19] “Jakob, neem jy nou `n draad en hang hierdie sfeer êrens vry op, sodat die weetgieriges môre ook nog werk te doen sal vind! 

[20] Vir vandag egter laat ons hierdie aarde met rus en begeef ons ter ruste, dit wil sê na die aandete, 

[21] want Ek het honger en dors geword, terwyl julle aan die maan en die aarde geknaag het!” 

[22] En Josef het dadelik aan die kombuismeester Joël opdrag gegee om `n aandete klaar te maak en op die tafel te sit. Saam met die ander drie broers het Joël gegaan en `n goeie aandete berei.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205