Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 178

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die aandete – Jonathan se wens om na sy huis terug te keer en sy geheime plan - Die Kindjie doen met sukses `n teenvoorstel – Jonathan se gehoorsaamheid en sy terugkeer na sy huis

(30 Mrt 1844)

178 Toe die aandete voorberei en genuttig was, het Jonathan aan Josef gesê: 

[2] 'Broer, jy sal weinig plek hê; laat my dus in hierdie mooi nag na my huis gaan, waar vir my persoon ook `n bed klaar staan wat groot genoeg is! 

[3] Môre sal ek al `n uur voor sonsopgang by jou wees!' 

[4] Maar Josef het gesê: “Broer, as jy geen ander sorge het as alleenlik dié vir `n bed wat ruim genoeg is vir jou nie, kan jy onbeskroomd hier bly, 

[5] want daaraan sal dit in die huis, wat nou myne is, beslis nie ontbreek nie! 

[6] Kyk, daar in die voorhof links is `n deur en daar is `n baie groot, ruim kamer. 

[7] Ek het daar alreeds `n goeie bed vir jou laat voorberei! 

[8] Ek dink, dat dit vir jou groot genoeg sal wees; daarom kan jy wel hier bly!” 

[9] En Jonathan het gesê: “Broer, jy is baie goed vir my en ek sien maar al te goed in, dat ek nêrens meer tuis is as hier nie, 

[10] en ek is ook daarvan oortuig, dat jou bed groot en meer as goed genoeg vir my sal wees! 

[11] Maar kyk, iets trek my geweldig sterk na my huis, en nou opeens selfs so hewig, dat ek liewer daarheen sou wou vlieg as om andersins te voet te gaan.” 

[12] Toe Josef dit gehoor het, het hy gesê: “Dit is jou wil en jy kan doen wat jy wil; daarom kan jy gaan of bly!” 

[13] Daarop het Jonathan na die Kindjie gegaan en het met die grootste deemoed van Hom afskeid geneem. 368  

[14] Maar die Kindjie het gesê: “Jonathan, as jy dan absoluut wil gaan, dan kan jy wel gaan, maar vergeet nie om terug te kom nie! 

[15] Maar Ek sê vir jou, dat die vangs wat jy vannag met die groot visnet gaan doen, jou niks sal oplewer nie! 

[16] Ek sal vir jou `n haai in die net jaag en dié sal jou tot sonsopgang pla en die oggend jou beste visgereedskap verskeur! 

[17] En tog sal jy hom nie kan baasraak en in die hande kan kry nie, want hy sal al jou moeite met `n slag van sy stert in die water tot niet maak!” 

[18] Toe Jonathan dit van die Kindjie gehoor het, het hy plotseling van plan verander en aan Josef gesê: 

[19] 'Broer, as dit so is, dan bly ek! Want kyk, ek wou jou môre `n groot vaatjie van die mees uitgesoekte visse bring, 

[20] en hierdie gedagte het my so kragtig na my huis getrek! 

[21] Maar noudat ek gehoor het hoe hierdie vangs sou verloop, bly ek by jou. 

[22] Laat my daarom na my bestemde kamer bring, dan sal ek daar baie rustig slaap, en tuis mag gebeur wat daar wil!” 

[23] Die Kindjie het egter gesê: “Jonathan, so geval jy My beter as wanneer jy jou hart wil verberg! 

[24] Maar nou sê Ek vir jou: Gaan na jou huis, want teen middernag sal jy aan My `n belangrike diens bewys!” 

[25] Nou het Jonathan opgestaan en het, deur die hele huisgesin van Josef geseën, ylings na sy huis gegaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205