Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 183

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Cirénius se reisverslag en sy versoek aan Josef om opheldering - Ontwykende antwoord van Josef - Uitleg deur die Kindjie aan Cirénius wat nie tevrede met die antwoord is nie - Vertrek van almal na die woning van Josef

(13 Mrt 1844)

183 Eers nadat Cirénius hom opreg verwonder het en hom van alle kante van die korrektheid van alles oortuig het, het hy heeltemal verbluf weer normaal begin praat en hy het aan Josef gesê: 

[2] “Ja, verhewe vriend en broer, jou wens sal dadelik vervul word! 

[3] Maar twee dinge moet nog eers reggestel word! 

[4] Ten eerste moet my groot redder beloon word - en wel op `n keiserlike manier - 

[5] en ten tweede moet ek van jou eers nog vooraf verneem, hoe dit nou eintlik moontlik was, dat ek presies hierheen afgedryf is, waar ek dit die allerminste verwag het! 

[6] Want kyk, al na die vertrek uit Tyrus was daar steeds `n sterk oostewind, wat geleidelik in `n behoorlike orkaan verander het! 

[7] Ek is deur hierdie ongunstige teenwind tien volle dae op die hoë see, en God weet waarheen oral rondgedryf. 

[8] Toe ek egter met behulp van hierdie groot redder gister teen middernag eindelik weereens land onder my voete gekry het, het ek gedink dat ek my in Spanje bevind en wel naby die suile van Herkules! 

[9] En nou is ek - in plaas van in die vermeende Spanje - presies daar, waar ek eintlik heen wou gaan! 

[10] O broer, o vriend, gee my tog ietwat opheldering daaroor!” 

[11] En Josef het gesê: “Vriend, laat jou skip eers deur jou mense ondersoek om te sien of alles in orde is, 

[12] dan eers sal ek jou deur die barmhartigheid van die Heer iets oor jou seereis bekendmaak!”

[13] En Cirénius het die wyse Josef geantwoord: “O vriend, jy kom my vandag wel eienaardig voor! 

[14] Stel jy my op die proef? Of wat is dit wat jy van plan is om met my te doen? 

[15] Dit is vandag tog die Sabbat van jou en my Heer, wat jy andersins altyd in alle opsigte as baie belangrik beskou het! 

[16] Waarlik, ek verstaan jou nie en weet ook nie, waarom jy my vandag wil dwing om te werk nie! 

[17] Hy wat hier gewyd, uiters gewyd op my arms rus, het my skip sekerlik lankal in orde gebring en daarom het ek Hom bo alles lief! 

[18] Waarvoor sou my sorge dan wel goed wees? Ek was in groot gevaar en was baie bekommerd, - 

[19] maar al my besorgdheid was nutteloos, want net Hy alleen het my redding gebring! 

[20] Daarom wil ek my voortaan ook oor niks meer bekommer nie en sal die skip vandag seer sekerlik met rus laat! Is dit nie reg so nie?” 

[21] En die Kindjie het Cirénius gesoen en gesê: “Josef het jou in My naam net maar op die proef gestel, omdat jy Jonathan liewer wil beloon as om met hom na die villa te gaan! 

[22] Maar Ek sê vir jou, jy hoef Jonathan glad nie te beloon nie, want Ek Self is immers sy beloning! 

[23] Maak jou daarom gereed om saam met Josef te gaan; in die huis sal alles vir jou duidelik word!” En Cirénius het dadelik gedoen wat die Kindjie hom aangeraai het en almal het na Josef se villa gegaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205