Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 186

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Vergoedingsgeskenk van die seun Sixtus vir vader Cirénius: `n Voordrag oor die wese en vorm van die aarde - Die bevestiging deur die Kind Jesus

(17 Mrt 1844)

186 Die oudste van die drie jong seuns het nou na Cirénius toe gegaan en aan hom gesê: 

[2] “Vader Cirénius Quirinus! Omdat u ons oor soveel dinge uitgevra het en ons u geen enkele antwoord skuldig gebly het nie en u daardeur groot vreugde van ons beleef het, 

[3] sou u vir u liefde en sorg vir ons ook nie `n klein vergoedingsgeskenk van my wou aanneem nie?” 

[4] Cirénius het oor hierdie vraag geglimlag en aan die seun gesê: 

[5] “My liewe Sixtus, jou voorstel is baie verheugend en lief, maar jy moet die voorwerp wat jy my wil gee eers nader beskryf, 

[6] dan sal ek julle almal dadelik sê of ek dit kan aanneem of nie!” 

[7] Daarop het die seun geantwoord: “O vader Cirénius Quirinus, dit is geen voorwerp wat ons u ten geskenk wil en kan gee nie, 

[8] maar `n nuwe wetenskap, waarvan u tot nou toe sekerlik geen idee het nie!” 

[9] Toe Cirénius dit van Sixtus verneem het, het hy aan hom gesê: 

[10] “Luister, my liewe Sixtus, as dit so met die saak gesteld is, dan mag jy my gee soveel jy maar wil en ek sal alles met die grootste bereidwilligheid aanneem!” 

[11] Na hierdie uitlating van Cirénius het die seun gesê: 

[12] “Nou dan, as u, vader Cirénius Quirinus, dit goed vind, luister dan na my! 

[13] U het sekerlik tot nou toe nog nooit in waarheid gehoor hoe ons aarde daar uitsien en watter gestalte dit het nie! 

[14] Wat dink u, watter gestalte het dit, die groot aarde, wat ons almal dra en voed deur die barmhartigheid van God in haar?”  

[15] En Cirénius was verbaas oor hierdie vraag en het nie geweet wat hy daarop moes sê nie. 

[16] Eers na `n rukkie het hy aan die seun gesê: “Luister, jong seun, jou vraag bring my in groot verleentheid, want ek kan jou daarop geen duidelike antwoord gee nie. 

[17] Ons het wel allerlei vermoedens oor die wese van die aarde, maar as dit om `n vasstaande waarheid gaan, dan kan `n mens nie met vermoedens voor die dag kom nie! 

[18] Spreek jy dus nou maar heeltemal alleen, dan sal ek na jou luister en dan jou beskrywing beoordeel!' 

[19] Nou het die jong seun op `n wenk van Josef die huis ingehardloop en baie versigtig die aardbol, wat die Kindjie die nag vantevore vanweë die maansverduistering uit `n pampelmoes geskape het, gebring. 

[20] Toe Cirénius hierdie produk gesien het, het hy hom verwonder en gesê: “Ja, maar wat is dit dan? Is dit dalk die veronderstelde geskenk? 

[21] Jy het so pas tog gesê, dat die geskenk geen voorwerp sou wees nie, maar alleenlik `n wetenskaplike uiteensetting! 

[22] Maar die ding hier is tog maar net `n voorwerp en geen wetenskaplike uiteensetting nie!” 

[23] Maar die seun het gesê: ‘Liewe vader Cirénius Quirinus, dit is wel waar, maar hierdie voorwerp kan ek u nie ten geskenk gee nie, omdat dit nie myne is nie, 

[24] maar dit is hier nodig, as u my sou wou verstaan!” 

[25] Nou het die seun begin om soos `n professor met behulp van die aardbol die wese van die aarde te verklaar en wel met so `n deeglikheid dat dit Cirénius in die grootste verbasing gebring het. 

[26] En toe die jong seun klaar was, het die Kindjie aan Cirénius gesê: “So is dit! Maar sodat jy `n aandenking hiervan sal hê, sal hierdie klein aarde ook joune wees, totdat jou eens in My ryk `n groter een ten deel sal val!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205