Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 192

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

PROFETIESE ONTHULLINGS VAN DIE KIND JESUS

Die leersame kuiltjiespel

(24 Mrt 1844)

192 Daarop het die Kindjie Hom tot Sixtus, die oudste seun van die kinders van Cirénius gewend, en aan hom gesê: 

[2] “Sixtus, maak daar vooraan op die platgetrapte weg tien kuiltjies, almal `n span* Jy weet wel wat ons daarmee gaan doen. * (Ou lengtemaat: Ongeveer 23 cm van mekaar verwyderd!) 

[3] Bring dan die tien albasters wat Jakob uit klei vir ons gemaak het om mee te speel, dan sal ons `n bietjie met die albasters speel; jy weet wel hoe, want jy het My dit immers geleer!' 

[4] Sixtus het dadelik gedoen wat die Kindjie wou hê! 

[5] Toe die tien kuiltjies gemaak en die albasters van klei gebring was, het die Kindjie aan Cirénius gesê: 

[6] “Laat My nou weer vry, sodat Ek aan jou kan verduidelik en jou kan wys hoe hierdie spel werk; maar julle ander kinders, mag nie nou tussenbeide kom nie, omdat Ek Self aan Cirénius die saak wil verduidelik!” 

[7] Nou het die Kindjie Hom gevoelvol tot Cirénius gewend en gesê: 

[8] “Kyk, die speletjie werk soos volg: Jy moet drie treë van die kuiltjie af staan en dan `n albaster gooi. 

[9] Geluk dit jou deur `n goeie gooi om dit in die tiende en dus laaste en verste verwyderde kuiltjie te rol, dan is jy die koning van die spel; kom hy in die negende kuiltjie dan is jy `n minister; in die agste is jy `n veldheer! 

[10] In die sewende `n landvoog, in die sesde `n regter, in die vyfde `n priester, in die vierde `n boer, in die derde `n vader, in die tweede `n moeder en in die eerste `n kind! 

[11] Hoe die spel dan verder verloop, sal Ek wel weer aan jou verduidelik as die kuiltjies vol sal wees.”

[12] Toe het Cirénius glimlaggend `n albaster geneem en dit oor die weg gegooi en die albaster het dadelik in die eerste kuiltjie gerol! 

[13] En die Kindjie het gevra: “Is jy tevrede met hierdie plek? Andersins kan jy as beginner nog twee maal gooi!”  

[14] Cirénius het geantwoord: “My heerlike lewe, my Jesus! Ek bly wel waar ek nou is!” 

[15] En die Kindjie het gepraat: “Goed, gooi julle nou dan na mekaar. Ek sal dan laaste gooi!” 

[16] Die kinders het hulle albasters gegooi, maar hulle het nie al die kuiltjies beset nie, maar dikwels het twee of drie van die albasters in één kuiltjie gekom! 

[17] Ten slotte het die Kindjie gegooi en Sy albasters het, soos altyd, in die tiende kuiltjie gekom! 

[18] Dit het die meisie vererg en sy het gesê: “So moet die klein Jesus dan altyd koning wees!” 

[19] Die Kindjie het egter aan die meisie gesê: “Waarom knies jy daaroor - jy het tog vóór My gegooi, waarom gooi jy dan so onhandig?! 

[20] Wees nie wrokkig teenoor My daaroor nie, anders sal Ek dadelik weer `n muis na jou laat kom, waarvoor jy so bang is!” 

[21] Toe het die meisie niks meer gesê nie en was tevrede met haar tweede kuiltjie! 

[22] Die negende, agtste, sewende en sesde kuiltjie was egter onbeset en toe het Cirénius aan die Kindjie gesê: 

[23] “Kyk, Jy my lewe! - Nou is daar nog geen minister, geen veldheer, geen landvoog en geen regter nie! 

[24] Wie sal hierdie belangrike plekke nou inneem?” 

[25] “Hierdie plekke”, het die Kindjie gesê, 'moet Ek nou self laat vul, omdat niemand dit beset het nie; want alle onbesette plekke moet deur `n besette kuiltjie, gereken vanaf die koningskuiltjie, ingeneem word! 

[26] As die plek van die minister beset sou wees, dan word die drie volgende plekke aan hom toegewys. Omdat dit egter onbeset is, val die vier kuiltjies nou aan die koning toe! Omdat alle kuiltjies nou beset is, gaan ons oor tot die eintlike spel!”



Die lewenskuiltjies en hulle ordening - `n Spel van menslike gedrag (25 Mrt 1844)

Hfs 192a En die Kindjie het verder met Cirénius gepraat: “Wel, omdat Ek die koning is, moet elk van julle My ook as koning gehoorsaam! 

[2a] Luister daarom nou na My wette! - Die kuiltjie van die priester moet wys, ernstig en goed wees!

[3a] As jy lag wanneer iemand anders lag (ligsinnig wees) , dan faal jy en word jy van jou amp onthef en word jy daardeur gestraf. 

[4] Jy, kuiltjie van die boer, moet werksaam wees; as jy lui is, sal jy honger moet ly! 

[5a] Jy, vaderkuiltjie, moet vol liefde teenoor jou kinders wees en hulle goed en regverdig opvoed, anders sal jy vir hulle tot `n mikpunt van spot word! 

[6a] Jy, moederkuiltjie, moet huislik en vol godsvrug wees, sodat jou suigelinge wys word! 

[7a] En jy, My goeie, liewe kinderkuiltjie, bly soos jy is: `n Voortdurende leraar van die wyse tot wysheid in Elohim! 

[8a] Wel, dit is die wette; hulle moet noukeurig gehoorsaam word! 

[9a] As iemand `n guns van My wil ontvang, dan moet hy daarvoor op sy knieë na My toe kom! 

[10a] Gaan nou en handel en laat My alleen! Cirénius, jy moet egter met die vader en die moeder saamgaan, omdat jy `n kind is!” 

[11a] Hierop het `n meisie en `n jong seun as priester baie ernstig en plegtig weggegaan en op `n ietwat meer verhewe plek gaan staan. 

[12a] Daarna het twee meisies en `n jong seun as boere weggegaan en het eg bedrywig op die grond gewerk asof hulle die belangrikste werk gehad het om te doen. 

[13a] Vervolgens het nog `n jong seun en `n meisie weggegaan wat hulleself baie ernstig gehou het, omdat hulle `n vader voorgestel het en `n vader in sy hart ook `n moeder moet wees om werklik `n goeie vader te wees. 

[14a] Daarop het die moeder vertrek en na haar die kind, te wete Cirénius; die moeder was skugter teenoor die kind en het nie durf waag om met hom praat en hom wyse lesse gee nie. 

[15a] Sy het daarom na die koning teruggegaan en Hom gevra of Hy haar genadiglik `n ander plek sou wou gee. 

[16a] Die koning het haar egter `n plek by die priesters toegewys en hulle het begin lag, toe hulle die moeder na hulle sien aankom het. 

[17a] Toe het die koning dadelik die priesters ontbied en hulle van hulle amp onthef, omdat hulle gelag het toe hulle ernstig moes gewees het en Hy het hulle onder by die boere geplaas. 

[18a] Die boere het egter al gou met mekaar begin twis en rusie maak en die koning het hulle ontbied en die orde onder hulle herstel en vrede onder hulle gestig. 

[19a] Nou het die moeder opnuut gekom om `n ander pos te vra. 

[20a] En die Koning het gesê: "Wees jy die priester, omdat jy die liefde in die wysheid voorstel!” 

[21a] Nou het die vader egter gekom en gekla dat hy geen vrou het nie, omdat die moeder `n priester was. 

[22a] En die Koning het gesê: “Neem die kind dan saam en word wat die moeder is!” 

[23a] En so het dit gebeur; maar die priester het begin om in `n sterk mate van die boere te eis, dat hulle baie eerbiedig aan hom moes wees! 

[24a] Nou het dit al spoedig begin om hand uit te ruk en die Koning het hulle almal weer teruggeroep en gesê: “Ek sien dat julle onenig is; daarom sal ons met `n nuwe skuif oorgaan!

 

'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205