Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 194

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Gesprek van die Kindjie met die nukkerige, eiesinnige meisie

(26 Mrt 1844)

194 Na `n rukkie het die meisie ook weer gekom en die Kindjie het haar dadelik gevra of sy weer wil saamspeel. 

[2] Maar die meisie het gesê: “Ek wil wel toekyk, maar ek wil nie saamspeel nie, want ek vererg my gou oor iets en dan is Jy dadelik kwaad! 

[3] En dus speel ek liewer nie saam nie, want ek het `n te groot vrees vir Jou, omdat Jy dadelik met muise en rotte kom.” 

[4] Die Kindjie het egter daarop gesê: “Ja, maar waarom is jy dan ook so dom om jou te vererg oor dinge, waarby jy niks verloor hoe dit uitval nie? 

[5] Wees tevrede met wat jou deur die lot toebedeel word, dan sal daar voortaan geen muise of rotte meer oor jou kom nie! 

[6] Sien My aan! Ek gooi altyd die laaste en Ek murmureer nie, hoewel die voorrang My tog toekom. 

[7] Waarom kla jy tog, terwyl jy as meisie die geduld self moet wees?” 

[8] Die meisie het gesê: “Wat kan ek dan daarvoor? Waarom het ek dan so `n gemoed? Dit het ek nie aan myself gegee nie en dus is ek soos ek is en kan nie anders wees nie! 

[9] Maar omdat ek weet dat ek so is, speel ek nou liewer nie saam as dat ek my weer moet vererg nie, om daarna weer deur Jou met muise bestraf te word!” 

[10] Die Kindjie het Hom nou afgewend en asof met Homself gepraat: “Kyk, die kinders van hierdie wêreld kom teen Jou in opstand en keur jou werk af, omdat hulle Jou nie ken nie! 

[11] Maar `n gooi en nog `n gooi en die kinders van die wêreld behoort anders oor Jou te dink!” 

[12] Daarna het die Kindjie Hom weer omgedraai en met die meisie gepraat: “Maar aan wie gee jy dan die skuld, dat jy so verergd is en dat jy nou nie tevrede met jou lot is nie?” 

[13] Die meisie het egter gesê: “Waarlik, as Jy, my liewe Jesus, iemand eenmaal vrae begin te stel, dan kom daar geen einde aan nie, 

[14] en Jy word daardeur dan `n ontsettend lastige Kind! 

[15] Hoe weet ek wie se skuld dit is dat ek so is?! Jy is self tog so `n klein Profeet, `n Wonderkind, wat met God kan praat! 

[16] Vra Hom dan, as dit moontlik is, Hy sal Jou die beste kan vertel waarom Ek so is!” 

[17] Nou het die Kindjie ietwat nader na die meisie toe getree en gesê: “Meisie, as jy My sou geken het, sou jy anders gepraat het! 

[18] Maar omdat jy My nie ken nie, daarom spreek jy soos dit op jou tong kom! 

[19] Kyk eers op na die son! Wat dink jy wat dit is en van wie het hy sy glans?” 

[20] Maar die meisie het alreeds baie ongeduldig gesê: “'Waarom het Jy dit juis so op my gemik om my so te martel met Jou vrae! 

[21] Kyk, daar is nog sewe ander, hulle het rus van Jou! Gaan ook eers na hulle om hulle met Jou ewige vrae lastig te val!” 

[22] Die Kindjie het daarop gesê: “O meisie, kyk, hulle is gesond en het geen medisyne nodig nie, maar jy is siek in jou siel, daarom sou Ek jou wel wil help as jy nie so halsstarrig sou gewees het nie! 

[23] Maar omdat jy so erg koppig is, sal dit moeilik wees om jou te help. 

[24] Onthou egter een ding: As aan `n engel in die Heer se hemel die barmhartigheid ten deel sou val om net soos jy deur My ondervra te word, dan sou hy van groot geluksaligheid sodanig aan die brand slaan, dat hy deur sy liefdesvuur die hele aarde in `n oomblik sou vernietig! 

[25] Gaan nou maar weg van My af; Ek hou nie meer van jou nie, omdat jou so koppig en eiesinnig is!” - Nou het die meisie weggegaan en stilletjies gehuil; Jesus het Sy speelmaats egter weer verder as Koning gedirigeer.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205