Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 196

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die uitleg en verklaring van die betekenisvolle spel deur die Kindjie - Die verskillende pogings om die verdwaalde geeste te red deur die Goddelike leiding aan die mense

(30 Mrt 1844)

196 En die Kindjie het dadelik soos `n wyse leraar van `n sinagoge begin praat en gesê: 

[2] “Dit is die betekenis van die spel: Vanaf die skepping, en ook daarvoor, was God van ewigheid die Heer. 

[3] Die eerste gooi: die ou geeste word wakker en wil hulleself nie die heerlikheid van JaHWeH laat welgeval nie en die spel verloop chaoties. 

[4] Hierdie spel duur van Adam tot Noag en van Noag tot Moses. 

[5] Die koppige meisie is die liefde en die wêreld, waarmee die liefde egter in stryd is. 

[6] Ten tye van Noag is die wêreld met dreigemente gestraf, soos die meisie met die muise. 

[7] Die wêreld het haarself egter nie verbeter nie, maar het langsamerhand weer in afgodery verval en wou altare, `n sigbare godheid en baie seremonies hê. 

[8] Toe het die Heer die spel onder Moses byeengeroep en daar het `n tweede gooi plaasgevind. 

[9] Aanvanklik het dit daar uitgesien asof dit sal standhou, maar net éénkeer het Moses sy rug gedraai, of die goue kalf is al klaar!

[10] Toe het die meisie eers regtig begin twis, waarop die dreigement dan daadwerklik in alle erns uitgevoer is! 

[11] En so was die sondvloed dus veeleer `n baie kragtige dreigement as in `n sekere sin `n straf. 

[12] Maar die straf van die volk in die woestyn was `n egte straf, daar dit deur die vuur geskied het, soos eertyds in Sodom. 

[13] Na die gooi gaan die spel voort. Eerlik gesê, gaan dit in die begin goed, maar uit pure vrees; in hierdie spel ontbreek immers die moeder, die liefde, wat weggegaan het omdat sy nie mag heers nie. 

[14] Tot op hierdie tyd het die Mosaïese spel geduur en dit het homself uitgeput deur louter opstande en voortdurende vrees. 

[15] Opnuut het die Heer die klein skare byeengeroep; daar is gegooi en die Heer het Kind geword. 

[16] Toe het die liefde gekom en uiting gegee aan `n sekere vreugde oor die magtelose toestand van die Heer. 

[17] Die liefde het nou ook gegooi en dit het haar geluk om die eerste tree van die troon te bereik. 

[18] En toe het sy die Heer tot die dood toe vervolg en Hom gedurende duisend en byna negehonderd jaar geen rus gegun nie en iedereen teen Hom opgestook! 

[19] Maar toe het die gevestigde wêreldheerskappy self ingesien dat dit nie langer so sou kon voortgaan nie. 

[20] En die laaste gooi het plaasgevind: Die Heer het weer soos die Heer van ouds geword; vol van die gloeiendste ywer het Sy plek geword en vol van barmhartigheid Sy gooi! 

[21] En die hele volk sal vanuit die kinderlike stand Hom as Vader erken, as Hy die volk as Vader in die volle mag van Sy liefde steeds nader en na Homself toe sal trek! 

[22] En dit sal die laaste gooi wees, daarna sal daar geen verdere gooi meer volg nie! Want die Vader sal dan vir ewig Vader wees! 

[23] Kyk, dit is die betekenis van hierdie spel! Maar laat ons nou weer na binne in die huis gaan om te sien wat die ontwaakte Tullia doen; volg My dus almal!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205