Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

MARIA RAAK IN DIE TEMPEL VERLOOF

Die beroep van Josef - Maria word in die tempel verloof – JaHWeH se getuienis oor Josef – Josef se gebed - Maria in Josef se gesin opgeneem
1 In die tyd was Josef besig om `n huis te bou in die streek tussen Nasaret en Jerusalem.
[2] `n Vooraanstaande burger van Jerusalem het die huis daar laat bou as herberg, omdat ander Nasareners tot aan Jerusalem andersins geen onderdak gehad het nie.
[3] Maria, wat in die tempel opgevoed is, het volwasse geword en volgens die wet van Moses was dit noodsaaklik, dat sy die tempel moes verlaat.
[4] Daarom is daar na alle plekke in Judea boodskappers uitgestuur om dit bekend te maak, sodat die oudstes sou kom om te besluit, of daar iemand waardig sou bevind word, wat die meisie in sy gesin sou kon opneem.
[5] Nadat die berig ook Josef ter ore gekom het, het hy sy gereedskap dadelik neergelê en hom na Jerusalem gehaas, waar hy homself begeef het na die voorgestelde plek van vergadering in oorleg met die tempel.
[6] Toe diegene wat hulself aangemeld het, na verloop van drie dae opnuut op die bestemde plek byeengekom het en elk van hulle, wat Maria wou opneem, aan die priester, soos ooreengekom, `n vars tak lelies oorhandig het, gaan die priester dadelik met die takke in die binneste van die tempel om daar te bid.
[7] Toe hy sy gebed beëindig het, kom hy weer met die takke na buite en gee elkeen weer sy eie tak terug.
[8] Alle takke word dadelik vol vlekke; alleen die as laaste tak wat aan Josef oorhandig is, het vars en onberispelik gebly.
[9] Enkeles het egter hul ontevredenheid daaroor uitgespreek en het hierdie toets partydig en dus ongeldig genoem! Hulle eis `n ander toets, waarby niks snaaks sou kon voorkom nie.
[10] Die Priester, hierdeur ietwat geïrriteerd, het nou onmiddellik vir Maria laat haal, aan haar `n duif in die hand gegee en haar versoek om in die kring van die vergadering te gaan staan, sodat sy daar self die duif vry sou laat vlieg,
[11] Maar voordat sy die duif losgelaat het, praat hy met die aansoekers: 'Kyk, julle valse uitlêers van die tekens van JaHWeH! Hierdie duif is `n onskuldige en suiwer dier en luister nie na ons besprekings nie,
[12] maar leef alleenlik volgens die wil van die Heer en verstaan net die almagtige taal van God!
[13] Hou almal julle takke omhoog! Op wie se tak hierdie duif homself sal neerlaat, nadat die meisie hom losgelaat het en op wie se hoof hy sal gaan sit, hy sal Maria tot homself neem!'
[14] Almal in die vergadering was hiermee tevrede en sê: 'Ja, dit moet `n onfeilbare teken wees!'
[15] Toe Maria dus op bevel van die priester die duif vrylaat, het hy onmiddellik na Josef toe gevlieg en op die tak gaan sit en vandaar dadelik die hoof van Josef gevlieg.
[16] En die priester het gesê: 'So het die Heer dit gewil! Aan jou, opregte ambagsman, het die onfeilbare lot jou ten deel geval om hierdie maagd van JaHWeH te mag ontvang! Neem haar dus in die Naam van die Heer in jou suiwer huis op, ter verdere sorg! Amen.'
[17] Nadat Josef dit alles gehoor het, het hy die priester geantwoord: 'Ag, gesalfde dienaar van die Heer - volgens die wet van Moses, die troue dienaar van die Heer God Sebaot, ek is al `n grysaard en het tuis volwasse seuns en is al geruime tyd wewenaar; hoe sal ek tot `n mikpunt van spot word vir die seuns van Israel as ek hierdie meisie opneem in my huis!
[18] Doen u die verkiesing daarom nogmaals oor en laat my daar buite bly, sodat ek nie gereken word tot die vergadering nie!'
[19] Die priester het egter sy hand opgehef en aan Josef gesê: 'Josef! Vrees God, die Heer! Weet jy nie wat Hy gedoen het met Datan, Korag en met Abíram nie? (Num. 26:10)
[20] Die aarde het oopgeskeur en hulle almal vanweë hulle weerspannigheid verslind! Glo jy dat Hy jou nie dieselfde sou kon aandoen nie?
[21] Ek sê vir jou: noudat jy die teken van JaHWeH met sekerheid gesien en waargeneem het, moet jy die Heer ook gehoorsaam! Hy is almagtig en regverdig en tugtig altyd hulle wat weerspannig is en hulself teen Sy wil verset!
[22] Andersins sou jy tuis in groot sorg moes verkeer of die Heer met jou en hulle wat joune is nie dieselfde sou doen soos Hy met Datan, Korag en Abíram gedoen het nie.'
[23] Toe word Josef baie onrustig en hy sê bevreesd aan die priester: 'Wil u vir my tot JaHWeH bid dat JaHWeH my weer barmhartig sal wees en weer in Sy barmhartigheid aanneem. En gee my dan die maagd van JaHWeH na Sy wil!'
[24] Toe het die priester na binne gegaan en in die Allerheiligste vir Josef gebid. Die Heer het met die biddende priester gepraat:
[25] 'Maak tog die man wat Ek uitverkies het, nie bedroef nie. Want in geheel Israel is daar geen regverdiger man te vinde as hy nie, selfs op die hele wêreld nie en ook nie voor My ewige troon in alle hemele nie!
[26] Gaan nou na buite en gee die maagd, wat Ek self opgevoed het, aan hierdie regverdigste van alle manne op aarde!'
[27] Nou het die priester homself op die bors geslaan en gesê: 'O Heer, almagtige God van Abraham, Isak en Jakob, wees my sondaar genadig, want nou besef ek, dat U U volk wil besoek!'
[28] Daarna het die priester opgestaan, na buite gegaan en die meisie aan die angstige Josef gegee, terwyl hy haar seën in die naam van die Heer.
[29] Hy het aan hom gesê: 'Josef, jy is regverdig voor die Heer, daarom het Hy jou uit talle duisende uitverkies! Gaan dus in vrede! Amen.' (Matthéüs. 1:18).
[30] En Josef het Maria tot homself geneem en gesê: 'Aldus geskied dan altyd die alleen heilige wil van my God en My Heer! Wat U, o Heer, gee is immers altyd goed; daarom neem ek hierdie gawe dan ook graag en gewillig aan uit U hand! Seën haar nou vir my en my vir haar, sodat ek haar nou en altyd waardig mag wees in U oë! U wil geskied! Amen.' (Matthéüs. 1:18).
[31] Toe Josef so tot die Heer gespreek het, was hy innerlik versterk. Hy het nou met Maria die tempel verlaat en haar na die omgewing van Nasaret begelei en aldaar na sy skamele woning.
[32] Daar het egter nog noodsaaklike werk op Josef gewag; daarom het hy nou ook nie lank in die huis getalm nie en het aan Maria gesê:
[33] 'Maria, kyk, ek het jou volgens die wil van God in my huis geneem uit die tempel van die Heer, my God; ek kan nou egter nie by jou bly en jou beskerm nie, maar ek moet jou hier agterlaat, want ek moet gaan om `n bouwerk wat volgens ooreenkoms aan my gegee is, gereed te maak op die plek wat ek jou op die reis hierheen gewys het!
[34] Maar kyk, daarom hoef jy nie alleen tuis te bly nie. Ek het naamlik `n familielid, `n huishoudster, wat vroom en regverdig is. Sy sal by jou wees en ook my jongste seun, en die barmhartigheid van God en Sy Seën sal jou nie verlaat nie!
[35] Ek sal so spoedig moontlik met my vier seuns weer na huis toe kom en sal vir jou `n leidsman wees op die weg van die Heer! God die Heer sal nou oor jou en my huis waak. Amen.'

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205