Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Cornelius se vraag oor Christus – Josef se verleentheid - Die vraag van die hoofman aan Maria, Salome en die vroedvrou - Die engel waarsku vir verraad van die Goddelike geheim - Cornelius se vermoede omtrent die goddelikheid van die Kind Jesus

20 Josef, wat daar baie verheug oor was, het tot die hoofman gespreek: “Gevolmagtigde van die groot keiser, wat kan ek, arme man, u dan aanbied vir u groot vriendskap ? Wat sou ek u in hierdie vogtige grot aan te bied kan hê? 

[2] Hoe kan ek U gasheer wees in ooreenstemming met U hoë stand? - Kyk, hier in hierdie kar bevind homself alles wat ek besit, ten dele meegebring uit Nasaret, ten dele hier reeds ter geskenk gekry van die herders uit hierdie omgewing! 

[3] As u hiervan iets wil gebruik, dan is elke hap wat u in u mond neem, duisendvoudig geseën!” 

[4] Maar Cornelius het gesê: ”Goeie man, bekommer u nie om my en maak u oor my geen sorge nie! Hier is immers my gasvrou; sy sal wel vir die kombuis sorg en vir `n klein geldstukkie wat versierd is met die hoof van die keiser, sal ons almal genoeg hê!” 

[5] Hierop het die hoofman aan die vroedvrou `n goue muntstuk gegee en het haar laat sorg vir `n goeie middag- en aandmaaltyd en, sodra dit vir die moeder van die kindjie moontlik sou wees, ook vir `n beter woning! 

[6] Maar daarop het Josef Cornelius gesê: ”O, hooggeagte vriend! Ek vra u, maak tog vir ons geen koste en doen geen moeite nie, want ons sal vir die paar dae wat ons hier nog sal deurbring in elk geval deur Hom wat die Heer, wat die God van Israel sal wees - alle lof daarvoor! – goed versorg wees! 

[7] Nou het die hoofman gesê: ”Goed is goed, maar beter is beter! Staan dit dus maar toe en laat my daarmee u God ook met vreugde `n offer bring, want kyk, ek vereer die gode van alle volkere! 

[8] Ek wil dus ook u God eer, want Hy geval my, sedert ek Sy tempel te Jerusalem gesien het! Hy moet `n God van groot wysheid wees, daar julle so `n groot vorm van kuns van Hom geleer het!” 

[9] Josef het gesê: ”O vriend, was dit vir my maar moontlik om u te oortuig van die absoluut unieke wese van ons God, hoe graag sou ek dit wil doen vir u grootste moontlike, ewige heil! 

[10] Maar ek is net `n swak mens en daartoe nie in staat nie; maar soek êrens in ons boeke op en lees uself, daar u ons taal so goed magtig is, dan sal u daarin dinge vind, wat u in die grootste verbasing sal bring!” 

[11] En Cornelius het gesê: ”Goeie man, wat jy my nou so vriendelik aangeraai het, dit het ek alreeds gedoen; ek het ook inderdaad verbasingwekkende dinge aangetref! 

[12] Daarby het ek onder andere ook `n voorspelling onder oë gevind, waarin aan die Judeërs vir ewig `n nuwe koning beloof is; sê my of u ook weet, wanneer volgens die uitleg van sulke voorspellinge hierdie koning sal kom en waarvandaan!” 

[13] Nou het Josef ietwat verleë geword en na `n rukkie het hy gesê: ”Hy sal kom uit die hemele as die Seun van die ewig lewende God! En Sy Ryk sal nie van hierdie wêreld, maar van die wêreld van die Gees en die Waarheid wees!” 

[14] En Cornelius het gesê: ”Goed, ek verstaan u; maar ek het ook gelees, dat hierdie koning in `n stal by hierdie stad uit `n maagd gebore sal word! Hoe moet dit dan verstaan word?” 

[15] Josef het nou gesê: ”O goeie man, u het `n skerp verstand! Ek kan u niks anders sê as: gaan kyk na die meisie met die pasgebore Kind; daar sal u vind wat u graag wil vind!” 

[16] En Cornelius het gegaan en die meisie met die Kindjie met skerp oë bekyk, om in haar en die Kind die toekomstige koning van die Judeërs te sien. 

[17] Hy het daarom ook aan Maria gevra hoe sy op so `n jong leeftyd swanger geword het. 

[18] Maria het egter geantwoord: ”Regverdige man! Sowaar my God leef, ook het ek sowaar nog nooit `n man beken nie! 

[19] Dit het `n driekwart jaar gelede gebeur, dat `n boodskapper van die Heer na my toe gekom en my met weinig woorde meegedeel het, dat ek swanger sou word van die Gees van God. 

[20] En so het dit dan ook gebeur; ek het swanger geword sonder dat ek ooit `n man beken het, en kyk, hier voor u is die vrug van die wonderlike belofte! God is my getuie dat alles so gebeur het.” 

[21] Nou het Cornelius homself tot beide die susters gewend en gesê: ”Wat sê julle nou van die verhaal? Is dit sluwe bedrog van hierdie ou man, `n goeie voorwendsel teenoor `n blinde en bygelowige volk om in sulke omstandighede die wetlike straf vir sy daad te ontwyk? 

[22] Want ek weet dat die Judeërs in dergelike gevalle die doodstraf ingestel het! Of as daar in alle erns werklik iets van waar is, dan sou dit nog erger wees as die eerste geval, omdat die keiserlike wet dan elke oproer al in die kiem gesmoor wil sien, dit streng sou moes toepas?! O, sê die waarheid, sodat ek weet, waar ek met die merkwaardige gesin aan toe is!” 

[23] Maar Salome het gesê: ”Luister na my, Cornelius, ek smeek u baie by u groot-keiserlike volmag! Neem geen ernstige en wetlike maatreëls teen die arm en tog ook weer eindeloos ryk gesin nie! 

[24] Want u kan my glo en ek staan met my lewe in vir die waarheid daarvan: alle hemelse magte staan hierdie familie ter beskikking soos u eie arm aan uself, waarvan ekself die lewendigste oortuiging gekry het.” 

[25] Nou was Cornelius nog meer verbaas en het aan Salome gevra: ”Dus ook die heilige Romeinse gode, helde, wapens en onoorwinlike magte?! - O Salome, wie sê vir jou dit?!” 

[26] Maar Salome het geantwoord: ”Ja, dit is soos u sê! Ek is daar heeltemal van oortuig, maar as u dit nie kan glo nie, gaan dan na buite en kyk na die son! Hy skyn vandag al byna vier uur en kyk, hy staan nog in die ooste en waag dit nie om verder te gaan langs sy baan nie!” 

[27] En Cornelius het na buite gegaan, na die son gekyk, het dadelik weer teruggekom en baie verbaas gesê: ”Werklik, jy het gelyk; as dit so met die gesin gesteld is, dan gehoorsaam selfs ons God Apollo die gesin?! 

[28] Dan sou hier dus Zeus, die magtigste van alle gode, wees en dan lyk dit of die tyd Deucalion en Pyrrha vernuwe; as dit egter die geval is, moet ek Rome onmiddellik van hierdie gebeurtenis in kennis stel!?” 

[29] Met hierdie woorde het twee magtige engele verskyn. Hulle gesigte soos die son gestraal en hulle kleding soos die weerlig. En hulle het gesê: 'Cornelius, swyg selfs teenoor jouself oor wat jy gesien het, - anders gaan jy nog vandag saam met Rome onder!”  

[30] Nou word Cornelius deur groot vrees oorval. Beide die engele het verdwyn, maar hy het na Josef gegaan en gesê: ”O meneer, hier is oneindig veel meer as `n aanstaande koning van die Judeërs! Hier is Hy, wat gebied oor alle hemele en elke hel! Laat my daarom hier weer weggaan, want ek is dit nie werd om so naby in JaHWeH se nabyheid te wees nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205