Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 200

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Ernstige woorde van Jesus aan Maria - `n Verdrietige voorspelling oor die veragting van die Heer en Sy volgelinge in die wêreld

(06 Mei 1844)

200 Onder hulle wat weggewys is, het hulle ook Maria, Eudokia en Jakob bevind. 

[2] Maria het nogtans na binne gegaan en Eudokia en Jakob het haar gevolg. 

[3] En Maria het afgebuig na die Kindjie en gesê: 

[4] “Luister eers, my Seuntjie! Jy is wel baie, baie ondeund! 

[5] As Jy my nou al die deur wys, wat sal Jy dan wel met my doen as Jy `n man word?! 

[6] Kyk, so ondeund mag Jy nie wees met haar, wat Jou met groot angs en menigvuldige smarte onder haar hart gedra het nie!” 

[7] Die Kindjie het Maria met liefdevolle erns aangekyk en gesê: 

[8] “Waarom noem jy My jou Seuntjie? Weet jy dan nie meer wat die engel met jou gespreek het nie? 

[9] Hoe moes jy die Een noem wat uit jou gebore word? 

[10] Kyk, die engel het gesê: “En wat uit u gebore word, sal God se Seun, Seun van die Allerhoogste heet!” 

[11] As dit dan werklik so is en nie anders nie, hoe kan jy My dan nou jou Seuntjie noem? 

[12] As Ek jou seun sou wees, dan sou jy jou meer met My besighou as met Tullia! 

[13] Omdat Ek egter nie jou Seun is nie, lê Tullia jou nader aan die hart as Ek!

[14] As Ek êrens buite rondspring, en dan deur die deur weer binnekom, dan kom niemand My met `n brandende hart tegemoet nie 

[15] en Ek is al netso vanselfsprekend as die daaglikse brood vir die knegte en die diensmeisies en niemand brei sy arms na My uit nie; 

[16] maar as daar so `n kletskous uit die stad hierheen kom, dan word sy dadelik met alle eer ontvang! 

[17] En so is dit nou ook met die dom Tullia, wat van My die lewe terug ontvang het! 

[18] My, die skenker van die lewe, sien julle nouliks raak! 

[19] Sê nou self of dit wel in orde is!? 

[20] Is Ek nie meer as die een of ander dom kletskous uit die stad en nie meer as hierdie Tullia nie?! 

[21] O, verheug julle maar, julle almal wat My eens as knegte sal navolg! Soos dit nou met My gaan, so sal dit met julle ook gaan! 

[22] Julle beskermers sal julle in `n rommelhoekie sit as hulle besoek ontvang van hulle kletsbroers en kletssusters!” Hierdie woorde het diep in Maria se hart ingedring en sy het dit baie ter harte geneem.*

* (Hierdie vers is nie in die ooreenstemmende Duitse hoofstuk 200 van die CD nie, maar wel in die Nederlandse teks.)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205