Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 208

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die weldaad en die doel van die nagtelike storm: Die vernietiging van die rowers - Die verbranding van hulle beenreste

(17 Mei 1844)

208 Die volgende dag het Josef soos gewoonlik al baie vroeg opgestaan en die daaglikse werk onder sy vier seuns verdeel. 

[2] Hulle eerste werk was om te sorg vir `n goeie ontbyt, en daarna die gewone werk van die dag te verrig. 

[3] Nadat hy dit gereël het, het hy na buite gegaan om te sien watter skade die nagtelike storm alles aangerig het. 

[4] Toe hy so heen en weer beweeg het, het hy al spoedig `n menigte afgeknaagde menslike beendere gevind 

[5] en baie plekke wat met menslike bloed besmeer was. 

[6] By die aanblik hiervan was hy hewig ontsteld en kon die raaisel nie oplos nie. 

[7] Maar toe hy verder geloop het, het hy ook nog `n groot aantal dolke en kort lanse gevind, wat op baie plekke met mensebloed besmeer was. 

[8] By die aanskouing hiervan, het daar vir hom `n besondere lig begin opgaan en hy het geleidelik begin insien wat die weldadige beweegrede was vir die orkaan en ook vir die handeling van die diere wat in hierdie rigting gelei is.

[9] Josef het daarop vinnig na sy vier seuns geloop en aan hulle dit alles gewys en aan drie van hulle opdrag gegee om die beendere en die wapens bymekaar te maak. 

[10] Na `n anderhalfuur het daar onder `n boom, `n enorme hoop beendere opgestapel gelê en daarnaas `n tweede stapel bebloede wapens. 

[11] Eers na die ontbyt het Josef Cirénius en Jonathan na buite gelei en aan hulle hierdie merkwaardige oggendvonds gewys. 

[12] Toe Cirénius hierdie in die oog gekry het, het hy verbaas sy hande bo sy kop saamgeslaan en gesê: 

[13] “Maar om die almagtige JaHWeH se ontwil, wat is dit nou? 

[14] Waar kom hierdie doodsbeendere vandaan? Waar kom hierdie wapens vandaan, wat nog drup van vars bloed? 

[15] Josef, broer, vriend, het jy geen vermoede, wat jou die rede van hierdie gruweldaad saggies influister nie?” 

[16] En Josef het gesê: “Vriend en broer, dit is of seerowers, of muiters wat jou skip vervolg het! 

[17] Maar laat ons dit alles eers met vuur vernietig; 

[18] eers daarna sal ons poog om die saak deeglik te ondersoek om vas te stel wat daarvan die oorsaak kon gewees het!” 

[19] Cirénius het daarmee genoeë geneem en al sy mense moes hout van alle kante sleep en aanbring. 

[20] En toe teen die middag `n behoorlike groot stapel hout op `n oop plek opgehoop was, is die beendere met die wapens op die groot houtstapel gelê en verbrand.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205