Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 209

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die besigtiging van die omgewing van die huis - Die Kindjie loop driemaal om die plek van die brand en praat profetiese woorde met Cirénius

(18 Mei 1844)

209 Nadat gedurende die verloop van `n paar uur alles verbrand was en - omdat die Heer dit so wou gehad het - en niemand van die ander gaste iets van hierdie toneel bemerk het nie, behalwe die dienaars van Cirénius, 

[2] het Tullia, Maronius Pilla en die owerstes en hoofmanne saam met Maria en met Jakob wat die Kindjie aan die hand gelei het, op hierdie dag eers vir die eerste keer na buite gekom. 

[3] En Maronius Pilla, wat `n baie fyn neus het, het dus dadelik `n brandreuk waargeneem 

[4] en hy het dadelik na Josef gegaan en gesê: “Edele vriend, bespeur u neusgate niks van die reuk van `n hewige brand nie?” 

[5] En Josef het hom `n afstand agter die huis geneem en met sy vinger na die brandstapel gewys. 

[6] Maronius het gevra, wat daar dan wel aan die vuur prysgegee was. 

[7] En Josef het gesê: “Vriend, juis daarom is hier die een en ander aan die vuur prysgegee, sodat dit nie vir die hele wêreld in die oog sou val nie! 

[8] Maar Cirénius weet alles daarvan; wend jou dus maar tot hom! Hy sal jou dit vertel, want hy was van alles getuie!” 

[9] Hiermee was die antwoord op Maronius se vraag afgehandel en met sy vraag ook dié van nog sommige nuuskierige ondersoekers. 

[10] Die klein Jesus het daarop verlang om met Josef, Cirénius en Jonathan, en met Sy Jakob na die plek van die brand te gaan, waar dit hier en daar nog `n bietjie gesmeul het. 

[11] Toe hulle daar aangekom het, het die Kindjie drie keer om die beduidend groot brandplek heen geloop, `n halfverbrande dolk geneem, dit aan Cirénius gegee en gesê: 

[12] “Cirénius, kyk, nou is jou vyande oorwin en hulle vastigheid is tot as verbrand! 

[13] Hier in My hand is die laaste vyandelike oorblyfsel en dit het onbruikbaar geword. 

[14] Ek oorhandig dit aan jou as teken, dat jy voortaan geen wraak sal uitoefen teen diegene wat teen jou was nie - en waarvan sommiges dit nog is nie, 

[15] want ewe onbruikbaar en verkool soos hierdie dolk hier, moet ook alle toorn in jou en in hierdie paar vyande van jou wees!

[16] Hierdie vyande van jou het vanuit Tyrus gekom en wou jou hier ten gronde rig. 

[17] Maar Ek het geweet wat sowel die dag en die uur en die tydstip was, waarop jy in gevaar sou verkeer. 

[18] Daarom het Ek vannag op die regte tydstip `n storm laat opsteek, wat die verskeurende diere uit die gebergte gedryf het 

[19] en wat die muiters baie angs en vrees moes injaag, sodat hulle weerloos was toe hulle deur die wilde diere aangeval is. 

[20] En kyk, so sal dit ook in die toekoms wees: Daar sal `n magtige vuur uit die hemel kom oor die beendere van die boosdoeners, om hulle tot stof en as te verteer! 

[21] Die Heer sal egter drie keer om die brandplek van die wêreld trek en niemand sal Hom vra nie: “Heer, wat doen U?” 

[22] Eers tydens die derde keer wat Hy om die plek sal loop, sal die laaste straal van toorn van die aarde weggeneem word!” 

[23] Elkeen het by hierdie woorde groot oë gemaak - want niemand het die betekenis daarvan verstaan nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205