Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef se woorde oor die vrye wil van die mens en sy raad aan Cornelius - Die owerste neem maatreëls ten behoewe van die heilige familie

(2 Sept. 1843)

21 En Josef, self baie verbaas oor hierdie uitlating van Cornelius, het aan hom gesê: ”Hoe groot hierdie wonder in sigself is, sou ek u self nie kan sê nie! 

[2] Maar dat daar groot en magtige dinge agter sit, dit kan u my glo, want vir iets onbelangriks sou nie alle magte van JaHWeH se ewige hemele so in beweging kom nie! 

[3] Maar daardeur is ewenwel geen mens in sy vrye wil belemmer nie en kan doen wat hy wil; want dit lei ek af uit die gebod, wat die twee engele van die Heer u gegee het! 

[4] Want kyk, die Heer sou immers by hierdie geleentheid ons wil deur Sy almag net so kon bind, soos Hy die wil van diere bind, en ons sou dan moes handel volgens Sy wil! 

[5] Maar Hy doen dit nie en gee daarenteen net `n gebod om vry te volg, waaruit ons kan aflei dat ons vry uit onsself kan wil en doen, wat Sy heilige wil is. 

[6] So is ook u met geen vesel van u bestaan in die minste gebonde nie en kan daarom doen wat u wil! Wil u vandag my gas wees, bly dan; wil u dit egter nie wees nie of wil u dit nie waag nie, dan het u ewe-eens die volkome vrye wil. 

[7] Sou ek u egter `n raad moes gee, dan sou ek u weliswaar aanraai en sê: O vriend, bly, want in die hele wêreld is u nêrens in beter hande as hier onder die sigbare beskerming van alle hemelse magte nie!” 

[8] En Cornelius het gesê: ”Ja, regverdige man voor die gode en voor u God en voor alle mense, u raad is goed en ek wil dit volg en tot môre by u bly! 

[9] Ek sal nou met my huiseienares net `n kort rukkie weggaan om maatreëls te tref, waardeur julle almal, ook al is dit hier in hierdie grot, beter gehuisves word!” 

[10] En Josef het gesê: ”Goeie man, doen wat u wil! God die Heer sal dit eens aan u vergoed!” 

[11] Nou het die hoofman met die vroedvrou na die stad gegaan en het eers in alle strate bekend laat maak dat sy kantoor die dag ampshalwe gesluit sal wees en hy het vervolgens dertig soldate laat kom en hulle beddegoed, tente en brandhout gegee en beveel om dit alles na die grot te bring. 

[12] Die vroedvrou het eet en drinkgoed in voldoende mate saamgeneem en het nog meer laat bring! 

[13] In die grot aangekom, het die hoofman dadelik drie tente laat opslaan: Een baie gerieflike tent vir Maria, een vir homself en vir Josef en sy seuns en een vir die vroedvrou en haar suster! 

[14] En in die tent van Maria het hy `n vars en baie sagte bed laat opmaak en het die tent nog van ander noodsaaklike meubelment voorsien. Ook het hy die ander tente doelmatig ingerig en laat daarna in alleryl deur sy knegte `n kookplek bou, het daar self hout daarop geplaas en het `n vuur gemaak om die grot te verwarm, siende dat in daardie jaargety nog taamlik koud was.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205