Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 222

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Aanskoulike onderrig oor die wese van komete met die skottel met melk as voorbeeld

(04 Junie 1844)

222 Daarop het Jonathan, wat by sulke geleenthede altyd ywerig na die rede van alles nagevors het, na Josef toe gekom en gesê: 

[2] “Broer, dit sal wel weer so iets wees, waarby die Heer ons uit die droom sou kon help, soos ten laaste tydens die maansverduistering! 

[3] Wat dink jy, sou Hy ons opheldering daaroor wou gee, as ons Hom daarom sou vra?” 

[4] En Josef het gesê: “My liewe broer Jonathan, dit kan jy net op die proef stel! 

[5] Wie vas op die Heer vertrou, het op goeie grond gebou. 

[6] Gaan na die Kindjie, wat nou op Maria se skoot sit en vra Hom dit, 

[7] dan sal jy wel merk watter antwoord jy op jou vraag sal kry!” 

[8] Op hierdie antwoord van Josef het Jonathan dadelik vol liefde en nederigheid na die Kindjie toe gegaan en wou sy vraag stel, 

[9] maar die Kindjie was Jonathan voor en het gesê: 

[10] “Jonathan, Ek weet alreeds wat jy wil weet, maar dit is niks vir jou nie! 

[11] Maar gaan na binne-in die huis en gaan haal `n klein fakkel, 

[12] steek dit aan en gaan dan met die brandende fakkel na die skottel melk, wat daar vir die muggies en die steekvlieë neergesit is 

[13] en Ek sê vir jou, dat jy daar ook `n komeet, asook die aard van sy wese sal sien!” 

[14] Jonathan het hierop onmiddellik gedoen wat die Kindjie hom aangeraai het. 

[15] En kyk, toe hy met die brandende fakkel in die nabyheid gekom het van die skottel met melk, waarbo miljoene muggies, muskiete en steekvlieë rondgezoem het, 

[16] toe ontdek hy ook werklik in alle erns `n glansende roei wat etlike vaam lank was en natuurlik uit die vlieënde insekte bestaan het, 

[17] waarvan die skottel met melk die kop gevorm het. 

[18] Die verskynsel is ook deur baie ander persone waargeneem 

[19] en almal was verbaas oor die ooreenkoms tussen hierdie kunsmatig geskape verskynsel en die komeet aan die hemel. 

[20] Jonathan het na die Kindjie toe gegaan en Hom gevra, hoe hy dit nou moes verstaan. 

[21] Die Kindjie het gesê: “Voorlopig presies soos jy dit gesien het! Nie almal mag die geheim verneem nie; 

[22] stel jou dus voorlopig tevrede daarmee! Môre is ook `n dag.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205