Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 223

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Ooreenkomste en verklaring van die wese van komete

(05 Junie 1844)

223 Jonathan het nou baie diep begin nadink, maar hy kon gladnie enige verstandige gedagte bedink nie. 

[2] Die Kindjie het natuurlik dadelik gemerk dat Jonathan nie die melkskottelkomeet en die komeet aan die hemel in ooreenstemming kon bring nie. 

[3] Daarom het Hy Homself opgerig en aan Jonathan gesê: 

[4] “My liewe Jonathan! Kyk, binne-in jou gaan dit nou presies so daaraan toe, soos die beeld van die melkskottelkomeet jou laat sien het! 

[5] Jou hart stel `n groot skottel vol melk voor, waarin jou liefde die melk is. 

[6] Maar bo die melk bevind hom nou ook `n geweldige swerm muggies, muskiete en steekvlieë, net soos bo die melkskottel. 

[7] En hierdie swerm stel jou gedagtes voor, wat ietwat sterk na die belaglike neig wat betref die ooreenkoms van beide komete. 

[8] Want, vriend Jonathan, wie sou nou werklik in alle erns die kern van die komeet aan die hemel vir `n melkskottel hou en sy roei vir `n swerm muggies? 

[9] Dit is immers alleenlik maar analogieë, maar geen volkome natuurlike ooreenkomste nie. 

[10] Weet jy eintlik wel wat `n analogie is? Wat is `n skottel? Wat is die melk daarin? En wat is die swerm muggies en steekvlieë? 

[11] Kyk jy begryp dit nie; luister dus, dan sal Ek jou iets daaroor vertel!

[12] Die skottel stel `n kom voor vir die opname van substansies, waaraan die voedende lewenskrag uit My gebonde is; 

[13] die melk is egter so `n substansie, wat die voedende lewenskrag uit My in die rykste mate in sigself dra. 

[14] In die muggies, muskiete en steekvlieë is die lewenskrag alreeds vrylik aktief; 

[15] maar as dit nie gevoed word met die korrekte voedende lewenskrag nie, dan word dit spoedig swak en kan sigself nie ontwikkel tot `n hoër en volmaakte peil nie. 

[16] Wel nou, die komeet aan die hemel is niks anders as `n nuutgeskape wêreld in wording nie! 

[17] Die kern daarvan is die kom vir die opname van die voedende lewenskrag uit My. 

[18] Hierdie lewenskrag word nou deur My eie spesiale vuur wat van My uitgaan, baie kragtig deur en deur verwarm en los daardeur in voedende dampe op. 

[19] Sodat hierdie dampe wat reeds `n meer gevormde lewenskrag bevat, nie vervlugtig en aan die nuwe hemelliggaam onttrek word nie, 

[20] word hulle deur ontelbare monades (eterdiertjies) opgeneem en deur hulle dan weer ter verdere vervolmaking van ontwikkeling aan die nuwe hemelliggaam in wording toegevoeg. 

[21] Kyk, dit is die ooreenkoms tussen die komeet aan die hemel en ons melkskottelkomeet! 

[22] Dink nou egter nie verder daaroor na nie, sodat jou liefde nie swak word vanweë die navorsing nie!” 

[23] Baie het hierdie verklaring wel aangehoor, maar niemand het dit verstaan nie; baie het egter geglo, dat dit wel so sou wees.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205