Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 228

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die vrolike oggendete -Josef praat oor die goedheid van die Heer - Die Kindjie aan tafel - Idilliese taferele tussen die klein Jesus en Cirénius

(12 Junie 1844)

228 Toe almal aan tafel gesit het, is ook al gou smaaklik voorbereide visse opgedien, 

[2] en Cirénius was hoogs verbaas dat Josef so vroeg al so `n groot menigte vars vis kon gekry het! 

[3] En Josef het nou na die groot Jonathan gewys en ietwat skertsend gesê: 

[4] “Kyk, as jy so `n groot meestervisser as vriend het, hoef jy nie ver te reik nie - en die visse is daar!” 

[5] Nou het Cirénius geglimlag en gesê: “Ja, daarin het jy wel gelyk. 

[6] Onder sulke omstandighede kan `n mens altyd vars vis hê, en heeltemal besonders dan as `n mens nog iemand besonders, in die huis het!” 

[7] En Josef het nou beide hande omhoog gehef en met ontroerde hart gesê: 

[8] “Ja, broer Cirénius en wel nog Hom, wat ons ewig nie waardig sal wees nie! 

[9] Hy seën hierdie goeie oggendmaal vir ons almal, sodat dit ons waaragtig mag versterk in ons ledemate en in ons liefde vir Hom, die Allerheiligste!” 

[10] Hierdie uitroep van Josef het alle gaste tot trane beweeg en almal het die groot God in die Kindjie, wat nog geslaap het, geloof. 

[11] Maar toe die gaste na die beëindiging van die lofprysing die visse begin eet het, het die Kindjie ook wakker geword 

[12] en die heerlike geur van die visse het Hom dadelik gesê wat daar op die tafel was. 

[13] Hy was daarom ook vinnig uit Sy lae bedjie en het dadelik heeltemal naak na die tafel gehardloop waar Sy moeder haarself bevind het en wou iets te ete gehad het. 

[14] Maria het Hom dadelik op haar skoot geneem en aan Jakob gesê: 

[15] “Gaan en bring vir my eers gou `n skoon hempie uit die kamer!” 

[16] Jakob het dadelik gedoen wat Maria gewens het, en `n skoon hempie gebring. 

[17] Maar die Kindjie wil Homself hierdie keer nie die hempie laat aantrek nie. 

[18] Dit het Maria `n bietjie ontstemd gemaak en sy het gesê: “Kyk, my Kindjie, dit is tog nie betaamlik om naak aan tafel te sit nie; 

[19] daarom sal ek egter baie kwaad wees as Jy Jou nie laat aantrek nie!” 

[20] Maar Cirénius, geheel tot trane beweeg by die aanblik van die tere Seuntjie, het aan Maria gesê: 

[21] “O liewe, lieftallige moeder, gee dus die Seuntjie aan my, sodat ek Hom eenkeer heeltemal naak nog kan vashou en liefkoos! 

[22] Wie weet of vir my op hierdie wêreld hierdie eindelose geluk nog eens ten deel sal val!?” 

[23] Die Kindjie het nou vir Cirénius gelag en wou dadelik by hom wees. 

[24] En Maria het Hom ook dadelik aan Cirénius gegee en hy het van vreugde en saligheid geween toe die gesonde Seuntjie baie opgeruimd op sy skoot rondgetrippel het. 

[25] En Cirénius het Hom dadelik gevra welke stukkie vis Hy sou wou eet. 

[26] En die klein Jesus het baie kinderlik gesê: “Gee My daardie wit stuk, waarin geen grate is nie!” 

[27] Dadelik het Cirénius die Kindjie die beste en reinste stukkie in die hand gegee en Hy het dit met vreugde baie smaaklik opgeëet. 

[28] Toe Hy genoeg geëet het, het die Kindjie gesê: “Dit was lekker! Trek jy My nou maar aan! 

[29] Want as Ek honger het, dan wil Ek eers eet en My eers daarna aantrek!” Daarna het die Kindjie niks meer gesê nie en het Hom baie rustig deur Cirénius die hempie laat aantrek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205