Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 231

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef se geldkis en sy besorgdheid oor diefstal - Goeie raad van die Kindjie aan Josef

(15 Junie 1844)

231 Maar Josef het geen geldkas gehad waarin hy die geld kon bêre nie. 

[2] Daarom het Cirénius dadelik aan sy dienaars opdrag gegee om dadelik in die stad `n geldkas te gaan koop, wat dit ookal mag kos! 

[3] En die dienaars het dadelik gegaan en bring na verloop van twee uur alreeds `n baie mooi sederhoutkis gebring, wat tien pond silwer gekos het. 

[4] Hierdie kas is dadelik in Josef se slaapkamer geplaas en die seuns van Josef het die baie en swaar geld in die mooi, sterk kas geplaas. 

[5] Toe die geld op hierdie wyse geberg was, het Josef gesê: 

[6] “Nou is ek - volgens wêreldse maatstawwe - vir die eerste keer in my hele lewe ryk, 

[7] want soveel geld het ek nooit gesien en nog minder ooit in my besit gehad nie! 

[8] Maar tot dusver het ons huis nie van diewe en nog minder van rowers geweet nie; 

[9] van nou af aan sal ons almal nie genoeg oë en tyd hê om hierdie geld te beskerm teen diewe en rowers nie!” 

[10] Maar Jonathan het gesê: “Broer, wees gerus daaroor! 

[11] Ek weet maar alte goed by wie diewe en rowers kom. 

[12] Hulle kom alleenlik by gierige en suinige gierigaards! 

[13] Maar jy is dit nie; daarom kan jy ook rustig wees, want van jou ontvang elkeen immers tog in elk geval drie keer soveel as wat hy van jou vra! 

[14] Daarom dink ek dat jy wel met `n groot aantal bedelaars te doen sal kry, maar met rowers en diewe beslis nie!” 

[15] Nou het ook Maria na hulle toe gekom en aan Josef gesê: 

[16] “Luister eers, liewe vader, jy weet tog hoe ons in die stad van ons vader Dawid van die drie wyse Oosterlinge*, wat uit Persië kom, ook `n groot vrag goud gekry het; * (Morgenland = ‘môreland’, land waar die son opkom; Ooste; Morgenländer = Oosterling) 

[17] en sien, ons het nou geen greintjie so groot soos `n sandkorreltjie daarvan meer oor nie, hoewel ons nooit daarvan beroof was nie! 

[18] Ek dink dat dit met ons ook hier so sal gaan: daar sal geen jaar verloop of ons sal, sonder diewe en rowers, niks meer daarvan in ons besit hê nie. 

[19] Wees daarom maar heeltemal gerus, want in `n huis waar 476 die Heer woon, daar het goud geen plek nie, en diewe en rowers sal in die huis van die Heer bepaald nie veel te doen hê nie! 

[20] Want hulle weet net so goed soos jy en ek, dat dit nie is soos dit hoort om hulle te vergryp aan die skatte wat as te ware in die offerkis van God is nie.” 

[21] Toe Maria dit klaar gesê het, het die Kindjie nog daarby gekom en gesê: 

[22] “Josef, getroue man, jy moet nie so angstig kyk na daardie kas waarin My broers die geld geplaas het nie! 

[23] Want Ek sou dan dink dat jy siek is as jy so angstig daar uitsien. 

[24] Kyk, dit wil Ek nie hê, dat jy siek sou wees nie! 

[25] Jy sal egter nie lank las van die huurgeld hê nie. Koop nou vinnig baie meel en ander lewensmiddele en ook kleding, en verdeel wat oorbly, 

[26] dan sal die kas spoedig weer leeg wees!” Hierdie kinderlike woorde het Josef so gerusgestel, dat hy daarna baie opgeruimd geword het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205