Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 233

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

DIE AFVAARDIGING VAN OSTRASINE IN JOSEF SE HUIS

Die verleentheid van die goewerneur deur die afvaardiging - Cirénius nooi die afvaardiging uit vir die maaltyd - Oor die vloek van die geld

(18 Junie 1844)

233 Toe Josef se huis op hierdie wyse van hout voorsien was en Josef se seuns energiek begin het met die voorbereiding van die middagete, 

[2] het daar vanuit die stad `n glansende afvaardiging gekom om die oppergoewerneur te begroet. 

[3] Want hierdie keer het niemand in die stad iets verneem van die aanwesigheid van Cirénius nie, omdat hy streng incognito* daar wou wees. * (onbekend wou wees) 

[4] Maar `n mens het die oggend die welbekende dienaars in die stad gesien, soos ook die seuns van Josef en daarom die aanwesigheid van die goewerneur vermoed. 

[5] Daarom het mense in die stad byeengekom en in volle ampsgewaad te voorskyn gekom, wat egter hierdie keer vir Cirénius baie ongeleë was. 

[6] Die owerste en die reeds bekende hoofman het hulleself natuurlik aan die hoof van die talryke vername afvaardiging van die stad Ostrasine bevind. 

[7] Die owerste het homself uitermate verontskuldig, dat hy dit so laat gedoen het en alleenlik maar deur `n gelukkige toeval verneem het, dat sy keiserlike konsulêre Hoogheid hierdie streek met sy allerhoogste aanwesigheid verbly het. 

[8] Maar Cirénius het byna omgekeer uit verborge ergernis oor hierdie besoek wat vir hom baie ongeleë was. 

[9] Maar hy moes nou nogtans om politieke redes die situasie goedskiks aanvaar en daarom het hy dan ook die groet van die owerste met dieselfde welsprekendheid beantwoord. 

[10] Ten slotte het hy tog ook aan die owerste gesê: “Liewe vriend, ons groot here van die wêreld is dikwels tog werklik sleg daaraan toe. 

[11] `n Gewone mens kan gaan waarheen hy maar wil en hy bly goed incognito, 

[12] maar ons hoef net effens oor ons drumpel te stap en dit is reeds verby met ons incognito! 

[13] Ek neem u indrukwekkende begroeting namens my broer weliswaar baie hartlik op, 

[14] maar dit bly daarby dat ek streng incognito hier is, 

[15] dit wil met ander woorde sê: “My verblyf hier is nie amptelik nie en mag onder geen voorwaarde aan Rome bekend gemaak word nie!” 

[16] As ek dit te wete sou kom dat iemand dit gewaag het om so `n verslag aan Rome hiervan uit te bring, waarlik, met hom sal dit nie te goed gaan nie! Dus let wel, ek is hier vir die buitewêreld streng incognito! 

[17] Waarom? Dit weet ek en niemand hoef my daaroor te vra nie. 

[18] Gaan nou huis toe en verklee julle en kom dan hierheen terug vir die middagete, wat ongeveer drie uur voor sonsondergang sal plaasvind!” 

[19] Hierop het die afvaardiging voor die goewerneur gebuig en weer vertrek. 

[20] Toe het Josef na Cirénius toe gegaan en gesê: 

[21] “Kyk, dit is alreeds die eerste uitwerking van die geld wat jy my in so `n ryk mate gegee het. 

[22] Jou dienaars moes vir my `n geldkas daarvoor koop en is herken - en jou aanwesigheid hier is verraai. 

[23] Soos ek tog steeds altyd sê: Op goud en silwer rus nog altyd die ou vloek van God!” 

[24] Die Kindjie wat Hom digby Josef bevind het, het glimlaggend daaraan toegevoeg: 

[25] “Daarom kan `n mens die trotse goud, en die hoogmoedige silwer nie meer beskimp as om dit in regverdige mate aan  bedelaars uit te deel nie. 

[26] Jy, My liewe Josef, doen dit altyd; daarom sal die ou vloek jou weinig skaad en dus ook Cirénius ewemin. 

[27] O, Ek het heeltemal geen sorge vanweë hierdie goud nie, want dit is hier wel op die regte plek!” 

[28] Hierdie woorde het sowel Josef as Cirénius weer gerusgestel en hulle het toe met `n baie opgewekte gemoed die genooide gaste verwag.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205