Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 235

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

`n Huislike kombuistoneel met ernstige gevolge - Die fundamentele Evangelie van die menswording

(20 Junie 1844)

235 Terwyl Hy van die vis geëet het, het die Kindjie aan Jonathan gevra: “Jonathan, is dit wel die beste soort vis? 

[2] Want Ek sê vir jou dat hierdie vis vir My glad nie lekker smaak nie! 

[3] Ten eerste is dit taai en ten tweede so droog soos strooi. 

[4] Voorwaar, dit kan geen goeie vissoort wees nie, wat jy ook kan sien aan die groot aantal lastige grate!” 

[5] En Jonathan het gesê: “Ja, my Heer en my God! Dit is voorwaar die swakste soort vis! 

[6] O, as Josef my maar eerder iets gesê het, dan sou ek graag tien keer in plaas van eenkeer heen en weer geloop en vir Jou die allerbeste vis gaan haal het!” 

[7] Nou het Josef self `n bietjie kwaad geword vir sy seuns, omdat hulle sy tafel so sleg versorg het. 

[8] Maar die Kindjie sê: “Ons mag ons juis nie daaroor te vererg nie, 

[9] maar tog bly dit wel eienaardig van My broers dat hulle in die kombuis die beste vir hulleself hou, maar aan ons uitsluitlik die slegste voorsit. 

[10] Laat vir hulle weliswaar almal geseënd wees, maar mooi en prysenswaardig is dit nie van hulle nie!

[11] Kyk, jy het My wel die beste stukkie van die vis gegee, maar tog kan Ek dit nie opeet nie, hoewel Ek werklik honger is 

[12] en dit is tog `n duidelike teken dat die vis sleg is! 

[13] Hier, proe die stukkie, dan sal jy daarvan oortuig wees dat Ek gelyk het!” 

[14] Nou het Josef die vis geproe en die uitspraak van die Kindjie volkome bevestig gevind. 

[15] Toe het hy dan ook dadelik van die tafel af opgestaan en na die kombuis gegaan, en daar gesien hoe sy vier seuns met genot `n voortreflike tornyn* geëet het. * (tunavis) 

[16] Toe was dit ook wel klaar met Josef se geduld en hy het begin om geweldig met die vier kokke te raas. 

[17] Maar hulle het gesê: “Vader, sien, ons moet al die swaar werk doen, waarom sou ons dan ook nie somtyds `n beter stukkie opeet as diegene wat nie werk nie? 

[18] Bowendien is die vis wat ons op u tafel opgedien het, tog ook nie sleg nie; 

[19] maar die Kindjie is somtyds te vol grille, omdat Hy deur julle vertroetel is en dan is vir Hom niks reg en goed genoeg nie!” 

[20] Toe het Josef toornig geword en gesê: “Goed, omdat julle my met sulke woorde tegemoet tree, sal julle van nou af aan nooit meer vir my tafel kos voorberei nie! 

[21] Van nou af aan sal Maria my kok wees en julle mag vir julleself kook wat julle wil; maar aan my tafel sal geeneen van julle ooit meer gesien word nie!” 

[22] Daarop het Josef die vier kokke verlaat en het baie opgewonde deur `n klein sydeur na sy tafelgeselskap teruggekom. 

[23] Toe het die Kindjie treurig geword en begin om te huil en baie hewig te snik. 

[24] Dadelik het Maria, Josef en Jakob Hom angstig gevra wat Hom makeer, of Hy êrens pyn het, 

[25] of wat dit dan tog was, waarom Hy plotseling so treurig en verdrietig geword het? 

[26] Die Kindjie het diep gesug en op `n baie weemoedige toon aan Josef gesê:

[27] “Josef, is dit dan werklik so goed om aan armes en swakkes jou eie heerlikheid te toon en hulle weens `n geringe vergryp volledig te rig? 

[28] Kyk tog eers na My, hoeveel ontsettende slegte kokke Ek op die wêreld het, wat My as Vader van alle vaders, alreeds lankal ten volle sou laat verhonger het, as so-iets met My moontlik sou gewees het! 

[29] Ek sê vir jou, kokke wat van My niks meer weet en ook niks meer wil weet en hoor nie! 

[30] En kyk, nogtans gaan Ek uit om hulle in My geregverdigde toorn te rig nie! 

[31] Is dit dan so aangenaam om `n heerser te wees? Kyk, Ek is die enigste Heerser van die oneindigheid en buiten My is daar ewig niemand meer nie! 

[32] En kyk, Ek, Skepper en Vader van julle almal, wou vir julle `n swak mensekind word, met terughouding van My ewige en oneindige Goddelike heerlikheid, 

[33] sodat julle deur hierdie voorbeeld van allesoortreffende nederigheid, `n afkeer sou kry van julle ou heersersgees! 

[34] Maar nee, juis in hierdie tyd van die tye waarin die Heer van alle heerlikheid Homself te midde van alle mense verneder het om hulle almal deur Sy nederigheid te wen, wil die mense die graagste here en meesters wees en heers! 

[35] Ek weet baie goed dat jy jou vier seuns, wat die kokke is, vernaamlik ter wille van My geoordeel het, 

[36] maar as jy My erken as die Heer, waarom wil jy My as die Heer dan voor wees? 

[37] Kyk, ons almal is daarom tog nog nie ongelukkig nie, omdat ons `n maer vis opgedien gekry het; ons kan vir ons immers dadelik `n beter een laat voorberei. 

[38] Maar die vier broers is nou die ongelukkigste skepsels in die wêreld, omdat jy as vader hulle geoordeel het; 

[39] en kyk, dit is geen regverdige straf vir so `n geringe vergryp nie! 

[40] Waar sou julle mense wel wees as Ek met julle sou gedoen het soos julle met mekaar doen, as Ek net so kortgebonde en ongeduldig sou wees as julle?! 

[41] Jy weet nie waarom ons hierdie keer so karig bedien is nie, maar Ek weet dit! 

[42] Daarom sê Ek jou: Gaan heen en herroep jou oordeel en Jakob sal jou die rede van hierdie slegte maaltyd te kenne gee!” 

[43] Nou het Josef sy vier seuns na hom geroep om hulle fout teenoor hom te erken, sodat hy hulle dit dan sou vergewe.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205