Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 238

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die laaste, goeie vis beteken die liefde van die Heer, en Sy groot barmhartigheid in hierdie laaste tyd - Die bewoners van die son is ewe-eens bestem tot kinders van God - Een kudde onder die een goeie Herder

(25 Junie 1844)

238 Josef het daarop aan Jakob gesê: “Jy het in die volste sin in die Naam van die Heer baie wys gespreek, hoewel ek en ons almal nog nie in staat is om te verstaan wat jy gesê het nie. 

[2] Maar omdat ek desnieteenstaande die wysheid van God in jou waarneem 

[3] en ons almal uiteindelik `n heerlike en uiters smaaklike toebereide vis op ons tafel gekry het, 

[4] sou ek graag wil hê dat jy nog verduidelik wat ten slotte hierdie edele goeie vis beteken. 

[5] Die Heer sal sekerlik ook aan jou dit onthul wat goed is, 

[6] aangesien Hy vroeër aan jou onthul het wat sleg is en sal wees vir die hele wêreld.” 

[7] En Jakob het daarop gesê: “Liewe vader Josef, die beslissing lê nie by my nie, maar alleenlik by die Heer. 

[8] Ek is net `n swak werktuig van die Heer, en ek kan alleen praat as die Heer my tong losmaak. 

[9] Vra daarom nie van my wat ek nie het nie en u daarom ook nie kan gee nie, 

[10] maar wend u daaroor tot die Heer; as Hy my dit sal gee, dan sal u dit ook dadelik helder en duidelik ontvang!” 

[11] Nou wend Josef hom dadelik stilletjies tot die Kindjie gewend en gesê: 

[12] “My Jesus, laat my ook die betekenis van die goeie vis te wete kom!” 

[13] Maar die Kindjie het gesê: “Josef, jy sien tog dat Ek nog nie heeltemal klaar is met My vis nie; wag dus nog net `n bietjie! 

[14] Cirénius is immers ook nog lank nie klaar met sy maaltyd nie; daarom het ons nog `n halfuur tyd 

[15] en in hierdie tyd kan daar nog baie afgespreek, raad gegee en besluit word.” 

[16] Daarop het die Kindjie Hom tot Jakob gewend en aan hom gesê: 

[17] “Jakob, terwyl Ek hierdie stukkie vis opeet, kan jy wel sê wat jou in die mond gelê word.” 

[18] Die Kindjie het toe weer aan Sy vis gekou en Jakob het dadelik as volg begin praat: 

[19] “Hierdie laaste goeie vis beteken die liefde van die Heer en Sy groot barmhartigheid, wat Hy die mense sal laat toekom in die tye waarin alles sigself bo die afgrond van die ewige dood sal bevind. 

[20] Maar eers sal die kokke `n deeglike oordeel moet deurstaan. 

[21] Eers na so `n oordeel sal daardie tyd aanbreek, waarvan die profeet Jesaja alreeds geprofeteer het. (Sien Jesaja 19 en 66; Eersgenoemde beskryf die voorafgaande gerig en die laasgenoemde die liefde en die barmhartigheidstyd van die nuwe Jerusalem, wat die goeie vis is. Opmerking deur J. Lorber) 

[22] En hierdie tyd sal dan op die aarde bly, en sal voortaan nie van haar weggeneem word nie en dan sal die aarde een word met die son 

[23] en sy bewoners sal die groot verligte velde van die son bewoon en sal net soos hulle straal. 

[24] En die Heer sal die enigste Heer wees en Hy sal Self `n Herder wees en al die stralende bewoners sal een kudde wees! 

[25] So sal die aarde ewig bestaan en sy bewoners vir ewig en die Heer sal ewig in hulle midde wees - `n Vader van ewigheid vir Sy kinders! 

[26] Daar sal geen dood meer wees nie; wie sal lewe, sal ewig lewe en sal die dood nimmer sien nie! Amen.” 

[27] Nou het Jakob weer geswyg; die hele geselskap was egter stom van verwondering oor hierdie groot wysheid van Jakob; net die Kindjie het ten slotte gesê: “En so is Ek ook klaar met My vis; daarom ook wat dit betref: Amen!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205