Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 240

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die slegte besluit van die jaloerse gaste – Die groot brand in Ostrasine

(27 Junie 1844)

240 `n Vername burger van die stad Ostrasine het egter gevra hoe die landvoog dit bedoel het: 

[2] “Waarom sou dan juis hierdie huis veilig wees, as `n mens, dalk verkeerdelik, hierdie ou Judeër as `n aartstowenaar aansien?” 

[3] En Cirénius het geantwoord: “Omdat die swak mens niks daar kan doen, waaroor die krag van die oerewige Godheid Sy beskermende hand hou nie. 

[4] Hierdie huis staan, soos geen ander op die wye wêreld nie, onder die magtige beskerming van so `n Godheid, dus is dit ook onoorwinlik! 

[5] Slaan julle hande kwaadwillig aan hierdie huis en julle sal onmiddellik ondervind hoe dit daarmee gesteld is!” 

[6] Hier het alle gaste uit die stad verbaas opgekyk en hulle het aan mekaar gesê: 

[7] “Die goewerneur wil ons maar net afskrik, omdat hy geen leërmag by hom het nie.

[8] As ons werklik in alle erns ons hand aan hierdie huis en aan sy persoon sou slaan, dan sou hy beslis gou anders praat! 

[9] Laat ons daarom van die tafel opstaan en na die stad gaan en vanaand met `n groot mag vandaar weer hiernatoe kom, 

[10] dan sal ons dadelik sien of die goewerneur nog dieselfde beweer!” 

[11] Die hele geselskap het nou van die tafel af opgestaan en na buite gegaan. 

[12] Daar het die burgers en die owerste en die stadskommandant, begin om afskeid te neem van Cirénius en het hulle daarna op die pad na die stad begewe. 

[13] Maar Josef het na diegene gegaan wat wou vertrek en gesê: 

[14] “Waarom wil julle nou alreeds gaan, waar die son nog ruim `n uur sal skyn! 

[15] Bly hier tot vanaand, dan sal ons almal Cirénius tot by sy skip begelei soos dit hoort; 

[16] want hy vaar vannag nog na Tyrus en sal daarom vandag sy skip ook nog gereed maak en aan boord gaan.” 

[17] Diegene wat aldus aangespreek is, het hulleself egter verontskuldig en gesê: “Ons moet vandag nog `n baie belangrike saak afhandel, verontskuldig ons daarom by u boesemvriend!” 

[18] Nou het die Kindjie daar aangehardloop gekom en aan Josef gesê: 

[19] “Laat hulle maar na die stad vertrek, want hulle saak is van `n aard wat tot My verheerliking dien!” 

[20] Gevolglik het Josef die gaste uit die stad laat vertrek en hy het met die Kindjie na Cirénius toe gegaan om hom te vertel hoe hulle hulleself verontskuldig het en wat die Kindjie gesê het. 

[21] En Cirénius het gesê: “O my mees verhewe broer, hierdie soort mense ken ek! 

[22] Hulle is jaloers en weet van louter ergernis nie raad en wat om te doen nie, omdat ek aan jou huis `n besoek gebring en hulle in die steek gelaat het; 

[23] maar ek is, wat jou aangaan, volkome gerus, want ek weet immers onder wie se beskerming jy jou bevind!” 

[24] En die Kindjie het gesê: “O, die dorre weg sal vir hulle warm word! 

[25] Hulle wil ons huis vandag nog vernietig en wel met vuur; 

[26] maar hulle sal geen tyd daarvoor hê nie, want tuis sal hulle dadelik genoeg te doen kry!” 

[27] Die Kindjie het hierdie woorde nog maar nouliks uitgespreek, of die helfte van stad het alreeds in vlamme gestaan en niemand het meer aan die vernietiging van Josef se huis gedink nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205