Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 241

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die besorgdheid van Cirénius oor die slagoffers van die brand - Wie `n kuil grawe vir `n ander, val self daarin - God is vir iedereen `n baie regverdige Regter

(28 Junie 1844)

241 Almal was hewig ontsteld toe hulle plotseling die verskriklike walm - en vlammesee in die lug sien opstyg het. 

[2] En Cirénius het aan Josef gevra of `n mens hierdie mense wat in so `n geweldig benarde situasie is, nie te hulp sou moes snel nie. 

[3] Maar Josef het gesê: “Ek dink dat ons dit maar so moet daarby laat! 

[4] Want met ons natuurlike, menslike kragte kan ons in elk geval nie sonder meer `n einde maak aan die vuur nie; 

[5] maar wat betref diegene wat daardeur verarm is, sal ons nog gou genoeg en op die regte tyd vind. 

[6] Laat ons dus net heeltemal rustig hier bly; wie nood ly, sal wel kom!” 

[7] En die Kindjie het daarby aan Josef gesê: “Liewe Josef, kyk, dit sal jou goud- en silwerkas ook heelwat ligter maak! 

[8] Ook jy, Cirénius, sal vandag nog voor jou vertrek etlike ponde goud en silwer ligter word,

[9] want diegene wat hier was en ons heimlik gedreig het met die verwoesting van ons huis, sal weldra terugkom, en jou om ondersteuning vra. 

[10] Berei jou dus maar daarop voor! Maar dink nie dat Ek dalk deur My mag hulle huise moontlik aan die brand gesteek het nie, 

[11] want so-iets doen Ek nie en elke wraak is ver van My! 

[12] Maar Ek sê vir jou: Hulle dienspersoneel het hulle dit aangedoen! 

[13] Want hulle het alreeds `n ou wrok teen hulle meesters gehad, omdat hulle deur hulle te karig en hard behandel is! 

[14] Vandag het hulle die gunstige oomblik gevind om hulleself teen hulle meesters te wreek 

[15] deur al hulle paleise aan die brand te steek. 

[16] En so het sonder My toedoen hierdie wêreldse heersers juis nou in die kuil geval wat hulle beplan het om vir ons begrawe!” 

[17] Toe Cirénius dit van die Kindjie gehoor het, het hy Hom vinnig gevra of `n mens sulke bose dienaars nie sou moes agtervolg nie. 

[18] Maar die Kindjie het gesê: “O, laat dit net so! Want ten eerste het hulle aan hulle hardvogtige heersers `n goeie werk gedoen, 

[19] in die tweede plek is hulle alreeds lankal met die geroofde skatte oor berg en dal 

[20] en ten derde sal hulle nie aan hul verdiende straf ontkom nie, omdat hulle dit geheel en al eiemagtig uit bose wraaklus gedoen het! 

[21] Daarom moet ons sorg vir eers gerig wees op hulle wat ons hulp nodig sal hê! 

[22] Maar wat die brandstigters betref, vir hulle is alreeds gesorg. 

[23] Want kyk, God sien hulle oral en ken hulle weg presies! 

[24] Hy kan hulle dus ook oral (aan die kraag) gryp, waar hulle hulleself ook maar mag bevind. 

[25] God is vir elkeen ook `n algeheel regverdige regter; daarom sal Hy weet om hulle vir hulle daad ook die regte loon te gee!” 

[26] Nou het Maria baie angstig na hulle gekom en Josef op `n groot skare gewapende soldate gewys, wat met haastige pas na die villa beweeg het. 

[27] Maar die Kindjie het gesê: “O, wees nie bang nie; dit is die bewakingstroepe vir Cirénius, wat die owerste nou vir julle veiligheid uit die stad stuur. 

[28] Hulle sal spoedig gevolg word deur `n menigte burgers. 

[29] Dra daarom hier nou alleen maar sorg vir hulle huisvesting, al die ander dinge sal vanself regkom!” 

[30] En soos die Kindjie gesê het, so was dit ook: Cirénius het `n wag gekry en hulle is spoedig deur `n menigte slagoffers van die brand gevolg.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205