Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die profetes Hanna in die tempel en haar getuienis oor die Kindjie – Hanna se waarskuwing aan Maria - Die nooduitkoms van die heilige familie by `n gierige, ryk Israeliet

(7 Sept. 1843)

(Lukas. 2:36-39).

25 In hierdie tyd was daar `n profetes in die tempel - Hanna was haar naam ; sy was `n dogter van Phanuel uit die stam van Aser. (Lukas. 2:36a).  

[2] Sy was al op `n hoë leeftyd en so vroom, dat sy haarself, toe sy in haar jeug met `n man trou, uit liefde tot God sewe jaar lank nie voor haar man ontklee het nie en gedurende hierdie tyd haar maagdelikheid bewaar het. (Lukas. 2:36b). (Lukas. 2:37).  

[3] Sy word toe `n weduwe toe sy tagtig jaar oud was, het toe dadelik in die tempel ingegaan en dit nooit meer verlaat nie. (Lukas. 2:37a). 

[4] Hier het sy uitsluitlik God die Heer dag en nag gedien deur te bid en te vas. (Lukas. 2:37b).  

[5] By hierdie geleentheid was sy reeds vier jaar in die tempel en sy het nou ewe-eens nadergekom, God die Heer geprys en so met almal in Jerusalem wat die Verlosser verwag het, gespreek wat die Gees van God haar ingegee het. (Lukas. 2:38).  

[6] Toe sy haar profetiese woorde beëindig het, het sy ook om die Kindjie gevra, Hom geliefkoos en God geprys en geloof. 

[7] Daarna het sy die Kindjie weer aan Maria teruggee en aan haar gesê: “Gelukkig en geseënd is jy, o maagd, omdat u die moeder is van My Heer! 

[8] Skep daar egter geen behae in om uself daarom te laat prys nie, want uitsluitend Hy, wat suig aan u bors, is waardig om deur ons almal geglo, geprys en aanbid te word!” (Lukas. 2:39).  

[9] Na hierdie woorde het die profetes weer teruggekeer en Josef en Maria het die tempel weer verlaat nadat hulle drie ure daar deurgebring het en by `n familielid huisvesting gesoek. 

[10] Maar toe hulle daar gekom het, het sy die huis gesluit gevind, want die familielid was op daardie oomblik ook juis in Betlehem vir die inskrywing. 

[11] Josef het nie geweet wat hy nou moes doen nie, want ten eerste was dit al heeltemal donker, soos wat in hierdie kort dae van die seisoen gewoonlik was en ten tweede was daar byna geen huis meer oop in hierdie tyd nie, soveel meer omdat dit `n voorsabbat was. 

[12] Dit was te koud om in die ope lug te oornag, want daar was ryp op die velde en bowendien het daar nog `n koue wind gewaai. 

[13] Terwyl Josef gewik en geweeg en tot die Heer gebid het dat Hy hom uit hierdie nood sou help, 

[14] kyk, het daar opeens `n jong vename Israeliet na Josef aangestap gekom en hom gevra: ”Wat doen u hier so laat met u bagasie op straat? U is tog ook `n Israeliet - weet u dan nie wat die gebruik is nie?” 

[15] Josef het gesê: ”Kyk, ek is uit die stam van Dawid! Ek was vandag in die tempel en het aan die Heer geoffer; die vroeë duisternis het my oorval en nou kan ek geen huisvesting vind en is in groot sorg vanweë my vrou en haar Kind!” 

[16] En die jong Israeliet het aan Josef gesê: ”Kom dan met my saam, dan sal ek julle vir `n dragme (klein geldstuk) of vir die waarde daarvan tot môre onderdak verleen!” 

[17] En Josef het met Maria, wat op die lasdier gesit het en met sy drie seuns die Israeliet na `n pragtige huis gevolg en neem daar herberg in `n eenvoudige kamertjie geneem.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205