Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 256

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

TERUGKEER NA DIE OU HUIS IN NASARET

Die dood van Herodus; Archeläas word koning - Die engel van JaHWeH roep Josef op tot terugkeer na die land Israel - Die wonderlike reisuitrusting - Josef gee alles oor aan Jonathan en versoek hom om hulle te volg - Die afskeid (Matthéüs. 2:15)

(18 Julie 1844)

(Matthéüs.02:19]

“En ná die dood van Herodus ...” (Matthéüs.02:15)

256 In hierdie tyd het Herodus, die kindermoordenaar, gesterf en sy seun Archeláüs het hom in die regering opgevolg. 

[2] Jakob het dit in daardie tyd aan Josef en Maria vertel. 

[3] Maar Josef het aan Jakob gesê: “Dit wil ek jou wel glo, maar watter verandering sal dit vir my daardeur teweegbring?” 

[4] En Jakob het gesê: “Vader, die Heer het dit nie aan my gegee om dit aan u mee te deel nie; 

[5] maar soos die Heer egter nog steeds altyd deur die mond van `n engel aan u gesê het wat u moet doen, so sal Hy dit ook hierdie keer doen. 

[6] Want dit sou nie in die Goddelike ordening pas, dat `n seun aan sy vader voorskryf wat hy moet doen nie!” 

[7] Josef het gesê: “Dink jy dan wel dat die Heer dit aan my sal doen?” 

[8] En Jakob het gesê: “Vader, so het ek dit nou in my binneste verneem: 

[9] “Vannag nog sal Ek in `n helder droom My engel na jou stuur, wat My wil aan jou sal bekendmaak. 

[10] En soos wat hy dit aan jou sal meedeel, so moet jy dadelik volgens sy woord handel!” 

[11] Toe Josef dit van Jakob verneem het, het hy na buite gegaan en tot God gebid en Hom gedank vir so `n mededeling vooraf deur die mond van sy seun Jakob. 

[12] Josef het lank in gebed volgehou en het eers na drie ure huis toe gegaan om te gaan rus. (Matthéüs.02:19) 

[13] Toe hy op sy bed gelê en slaap het om sy ledemate wat vermoeid was van werk, rus te gun, het daar aan hom in `n droom die engel van die Heer verskyn en met hom gepraat: (Matthéüs. 2:19-20) en gesê: “Staan op, neem die Kindjie en sy moeder, en gaan na die land Israel; want hulle is dood wat die lewe van die Kindjie gesoek het.” 

[14]a “Staan op, neem die Kind en sy moeder, en gaan na die land Israel; want hulle is dood wat die lewe van die Kindjie gesoek het.” En hy het opgestaan, die Kindjie en sy moeder geneem en in die land van Israel gekom. (Matthéüs. 2:21a) 

[15] Toe Josef dit verneem het, het hy dadelik opgestaan en dit aan Maria vertel. 

[16] En Maria het gesê: “Die wil van die Heer geskied altyd en in ewigheid! 

[17] Maar waarom praat jy net van ons drie? Moet jou kinders dan hier bly?” 

[18] En Josef het gesê: “O, beslis nie, want wat die engel aan my gesê het, geld tog vir my hele huisgesin! 

[19] Want so het die Heer immers ook dikwels met die profete gepraat, asof Hy net met hulle alleen te make het; 

[20] maar nogtans het die woord van die Heer altyd die hele huis van Jakob geraak.” 

[21] Almal het hierdie woorde verstaan en die seuns het gaan dadelik na buite gegaan om alles vir die vertrek te reël. 

[22] Maar hulle het vol verbasing weer teruggekom, want alles was alreeds vir die vertrek gereed. Daar het vir elke persoon `n esel gereed gestaan , bepak met alles wat vir die reis noodsaaklik was. 

[23] Josef het alle onroerende goed aan Jonathan oorgedra, wat hierdie nag daar aanwesig was; hy het hom geseën en hom die opdrag gegee om hom oor `n jaar na Nasaret te volg. 

[24] Ook die Kindjie het hom geseën en hom gekus. Jonathan het geween vanweë hierdie plotselinge vertrek. 

[25] Die son het nog lank nie opgekom nie, toe Josef en sy gesin die lasdiere bestyg het en hy het nou landwaarts daarvandaan getrek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205