Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 257

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Na `n moeisame reis het die heilige familie in die vaderland aangekom - Josef se angs vir Archeláüs na die terugkeer; Maria se vertroue in God; sy bemoedig die angstige Josef daardeur - Die bevel van die Heer om na Nasaret te trek - Die aankoms aldaar

(19 Julie 1844)

(Matthéüs. 2:21-22)

257 Na tien baie veeleisende reisdae het Josef met sy eie gelukkig in die land Israel aangekom, en hulle het `n op `n berg by `n paar mense wat daar gewoon en van veeteelt geleef het, gerus. (Matthéüs. 2: 21b) 

[2] Hier het Josef noukeurig inligting ingewin oor alle omstandighede in sy vaderland. Maar toe hy hoor dat Archeláüs oor Judéa koning was in die plek van sy vader Herodus, was hy bevrees om daarheen te gaan. ... 

[3]a Maar toe hy van hierdie mense gehoor het dat Archeláüs nou sy vader Herodus as regeerder opgevolg het, (Matthéüs. 2:22) 

[4] en dat hy nog wreder was as sy vader, is Josef en al sy mense deur `n groot vrees oorval. 

[5] En hy het daaraan gedink om terug te keer en opnuut na Egipte te trek of andersins na Tyrus. 

[6] Want hoewel hy nog in Egipte uit Jakob se mond verneem het dat Archeláüs nou in Jerusalem regeer het, 

[7] het hy egter nogtans nie gehoor, dat hierdie koning sy vader in wreedheid nog oortref nie. 

[8] En hierdie berig het Josef so angstig gemaak dat hy nou weer wou omdraai. 

[9] Maria het wel aan hom gesê: 

[10] “Josef! Die Heer het ons immers beveel om so te trek, waarom vrees ons die mensekoning Archeláüs meer as die Heer?” 

[11] Josef het gesê: “O Maria, my geliefde vrou, jy vra dit wel ten volle met reg; 

[12] maar kyk, ek weet dat die weg van die Heer dikwels uiters onbegryplik is, en ek weet, dat die Heer Sy mense sedert Abel meestal deur die dood gelei het. 

[13] Daarom is ek nou dan ook bang, dat die Heer my ook deur die dood sal lei. 

[14] En hierdie vermoede van my word steeds meer waarskynlik, hoe meer ek dink aan die wreedheid van die nuwe koning in Jerusalem. 

[15] Daarom het ek dan ook besluit om môreoggend weer terug te keer. 

[16] Waarlik, as dit die Heer se wil is dat ons moet sterf, laat Hy dan liewer leeus, tiers en hiënas oor ons laat kom as Archeláüs!” 

[17] Josef was dus vasbeslote om weer terug te gaan. (Matthéüs. 2:22) “En hy het `n goddelike waarskuwing in `n droom ontvang en na die streek van Galiléa teruggekeer. 

[18] a Maar in die nag het die Gees van die Heer Self oor Josef in `n helder droom gekom. 

[19] a En Josef het van God Self die bevel ontvang om na Nasaret te trek. 

[20] Toe het Josef dadelik opgestaan en alreeds baie vroeg daarvandaan vertrek. 

[21] Dieselfde dag nog het hy die dorpe van die land Galiléa bereik. (Matthéüs. 2:23) “En hy het gaan woon in `n stad met die naam van Nasaret, sodat vervul sou word wat deur die profete gespreek is, dat Hy Nasaréner genoem sou word.” 

[22]a En so het hy ook dieselfde dag, in die nag, in die stad Nasaret aangekom, waar hy hom blywend gevestig het, sodat vervul sou word wat die profeet gespreek het: ‘Hy sal Nasaréner genoem word!’” (Matthéüs.2:23; =Lukas.02:39; Johannes.01:46


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205