Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 258

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die huis wat voorheen verhuur en deur Salóme oorgeneem was, word weer bewoon - Lieflike tafereel in die aand op die dakstoep van Salóme - Cornelius ontdek die klein karavaan

(20 Julie 1844)

258 Maar waar het Josef in Nasaret gaan woon? Waar het hy stilgehou en waar het hy die dorpie binnegegaan? 

[2] In die eerste hoofstukke, waarin van Josef se vertrek van Betlehem na Egipte sprake was, is gesê hoe Josef die ryk Salóme in Betlehem gevra het of sy paghoewe by Nasaret vir hom sou wou pag. 

[3] Het Salóme dit gedoen? Ja, sy het dit gedoen; nie net wat Josef haar gevra het nie, maar sy het die paghoewe letterlik gekoop en wel met `n tweeledige doel: 

[4] Om hierdie hoewe, indien Josef of `n kind van hom ooit weer sou terugkom, volledig as hulle eiendom aan hulle te oorhandig; 

[5] in die teenoorgestelde geval, hierdie vir haar so hoogheilige hoewe as `n aandenking aan die uiters verhewe gesin te behou. 

[6] Sy het hierdie hoewe as so `n heiligdom beskou, dat sy nie self dit durf waag het om daar te woon nie; nog minder het sy huurders ingeneem. 

[7] Maar om egter nogtans in die nabyheid van hierdie eiendom te kon lewe, het sy `n aangrensende(naburige) akker daarby gekoop waarop sy `n baie mooi huis laat bou het, waarin sy met haar dienspersoneel gewoon het en waar sy ook dikwels deur Cornelius besoek is. 

[8] En dit het juis so gebeur dat Cornelius die dag op die terugtog van `n diensreis Salóme besoek het, toe Josef weer na Nasaret teruggekom het. 

[9] Dit was `n heerlike aand, dit was volmaan, en geen wolkie het enige ster aan die hemel vertroebel nie. 

[10] Hierdie mooi aand het Salóme met Cornelius na die dakstoep van haar mooi huis aangetrek, wat taamlik naby aan die hoofweg geleë was en juis na die ooste `n uitsig gehad het op die hoewe van Josef op `n afstand van ongeveer sewentig vaam*. * (Klafter = vaam; ongeveer 1,8 m; HAT, Perskor, 1994, bl. 1142) 

[11] Beide het dikwels na die vroeëre woning van die verhewe gesin gekyk en Cornelius het meer as een keer aan Salóme gesê: 

[12] “Ek sien die gebeurtenis in Betlehem nog steeds lewendig voor my, soos in die mooiste, mees verhewe droom en hierdie hoewe herinner my voortdurend daaraan. 

[13] Maar die verskyning in Betlehem was ook van so `n wonderlike verhewenheid, dat dit steeds onbegrypliker vir my word, hoe meer ek daaraan dink.” 

[14] Salóme het daarenteen gesê: “Ja vriend Cornelius! Ook ek kan nie verstaan hoe ek by die grootheid van daardie gebeurtenis nog aan die lewe kon gebly het nie. 

[15] Maar tussen jou en my is daar nog die verskil, dat ek, soos jy weet, nie anders kan as om dié Kind in my hart steeds altyd te aanbid nie, 

[16] terwyl jy die hele saak meer as `n buitengewoon verhewe gebeurtenis beskou. 

[17] Ek het my daarom in die gees dit alreeds dikwels so voorgestel: Indien hierdie familie ooit weer hiernatoe sou kom, dan sou ek van geluksaligheid nie leef nie. 

[18] As hulle aan die oorkant sou woon op die hoewe - o God, wat sou dit wel vir `n gevoel vir my wees! 

[19] Waarlik, alle hemele van die hemele sou dan op hierdie dakstoep tesaam verenig wees!” 

[20] En Cornelius het gesê: “Ja, jy het gelyk, dit sou ook vir my die mees verhewe gebeurtenis wees! 

[21] Maar wat sou ons wel doen, ingeval hierdie baie verhewe elohim-familie daar sou aankom en ons hulle uit die verte reeds sou herken?” 

[22] En Salóme het gesê: “O vriend! Praat nie daaroor nie, ek sou sterf van geluksaligheid!” 

[23] Terwyl die twee op hierdie wyse wat God welgevallig was, op die dakstoep gesels het en dit ook al taamlik laat geword het, 

[24] het Cornelius op `n afstand van ongeveer tweehonderd vaam `n stoet en `n klein karavaan opgemerk en hy het aan Salóme gesê: 

[25] “Kyk eers daar, reisigers wat nog taamlik laat in die aand trek! Sou hulle Grieke of Judeërs wees? 

[26] Salóme, wat sou jy nou doen, indien hulle inderdaad die mees verhewe familie sou wees?” 

[27] Salóme het werklik geskrik en gesê: “Ek vra jou, praat nie altyd daaroor nie, want wek in my steeds weer opnuut nuwe wense, wat nie vervul kan word nie! 

[28] Wat sou jy dan doen in so `n saligheid van alle salighede?” 

[29] En Cornelius het geantwoord: “Waarlik, dan sou dit met my ook sleg gaan! Maar sien, die karavaan hou stil, en ek sien iemand van hulle reëlreg op ons afkom! Kom, laat ons sien wie hy is!” 

[30] En hulle het die man tegemoetgegaan. Die man was `n seun van Josef, wat met `n kruik na hulle huis toe gekom het om water te gaan haal. 

[31] Beide van hulle het hom egter nie herken nie, want so wou die Heer dit hê, terwille van die heil van beide.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205