Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 259

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Joël as verkenner ontdek dat hulle geboorteplek vlakby is -Josef wil met sy mense buite oornag - Die seuns van Josef kom op soek na hout en vuur by Salóme

(22 Julie 1844)

259 Toe Joël water geskep het, het hy die twee gevra hoe ver dit nog na Nasaret sou wees. 

[2] En Cornelius het geantwoord: “My vriend, kyk daarheen, dan sal jy die stadsmure maklik aanskou! 

[3] `n Kind kan dit moeiteloos binne `n kwartier bereik; dus is jy nou al so goed as in Nasaret self.” 

[4] Joël het hulle vir hierdie inligting bedank en die water na sy reisgeselskap gebring. 

[5] Toe hy daarmee by hulle aangekom het, het Josef hom dadelik gevra, welke inligting hy by die huis bekom het. 

[6] En Joël het gesê: “`n Vrou en `n man het my baie vriendelik tegemoetgekom. Hulle het aan my water gegee en aan my gesê dat die stad Nasaret baie naby was. 

[7] Ek het egter gedink as dit die stad is, dan is dit beslis nie meer ver na ons paghoewe nie.” 

[8] Josef het gesê: “My liewe seun, jy het wel heeltemal gelyk, 

[9] maar weet jy ook wie se eiendom die hoewe nou na drie jaar is? 

[10] Mag ons ons voormalige woning betrek? 

[11] Kyk, daarom moet ons hier weer onder die oop hemel oornag en kan eers môre uitvind waar vir ons `n blywende woonplek te vinde is! 

[12] Maar gaan nou eers saam met jou broers en kyk waar daar iewers `n bietjie hout en vuur te kry is! 

[13] Want hier op die hoogte van hierdie bergdal is dit effens koel; ons moet daarom `n vuurtjie maak sodat ons ons ietwat daarby kan warm maak!” 

[14] Daarop het die vier seuns na dieselfde huis toe gegaan, waar hulle die twee persone nog op gevind het. 

[15] En hulle het aan Salóme hulle versoek meegedeel en haar om `n bietjie hout en vuur gevra. 

[16] Nou het Salóme en Cornelius gevra watter geselskap dit was en of mens hulle wel kon vertrou. 

[17] En die seuns het gesê: “Ons kom uit Egipte en is die eerlikste mense in die wêreld. 

[18] Dit is ons doel om hier in Nasaret `n woning te koop. 

[19] Ons is eintlik self Nasaréners, net bepaalde noodsaaklike omstandighede het ons drie jaar na Egipte verban.

[20] Noudat ons ballingskap egter opgelos is, is ons weer terug om hier `n woning vir ons te soek.” 

[21] Toe beide dit van die viertal verneem het, het hulle dadelik aan hulle `n voldoende hoeveelheid hout en vuur gegee en hulle het dit na Josef gebring. 

[22] Josef het die hout dadelik laat aansteek en elkeen hom by die vuur verwarm.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205