Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 260

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die vermoedens van Salóme en Cornelius oor hierdie klein karavaan - Beide bekyk die geselskap – Salóme val in `n floute van vreugde

(23 Julie 1844)

260 Salóme en Cornelius het diep daaroor nagedink, wie hierdie geselskap uit Egipte tog wel sou mag wees. 

[2] Cornelius het gesê: “Hierdie vier man, wat nog nie so oud skyn te wees nie, het volgens my waarneming `n sterk ooreenkoms met die seuns van daardie wonderlike man met wie ons albei in Betlehem te make gehad het. 

[3] Ook hulle spraak het `n duidelik merkbare Nasareense aksent. 

[4] Sê eers, my hooggeagte vriendin! Hierdie wonderlike man, wat Josef heet, het immers hoogs waarskynlik ook na Egipte geëmigreer, soos ek uit die brief van my broer in Tyrus verneem het. 

[5] Wat, indien dit dieselfde Josef sou wees? 

[6] Moet ons nie na die geselskap toe gaan om hulle te sien nie? En indien dit egter hulle is, 

[7] moet ons dan nie alles doen om hierdie mees verhewe geselskap onmiddellik gasvry te ontvang nie?” 

[8] Toe Salóme dit gehoor het, sy byna flou geval van verrukking en gesê: 

[9] “Ag vriend, jy het seker gelyk, dit sal wel so wees; dit is sekerlik die heilige familie!

[10] Laat ek daarom dadelik my dienaars wek om saam met ons na die plek te gaan waar hierdie familie rus!” 

[11] Daarop het Salóme al haar dienaars wakker gemaak. 

[12] Binne `n halfuur was almal in Salóme se huis op die been. 

[13] Toe alles in gereedheid was, het Cornelius aan Salóme gesê: 

[14] “Laat ons nou gaan om te sien wie hierdie familie is!” 

[15] Daarop het Salóme dadelik almal in die huis byeengeroep en die hele geselskap het hulle na die plek begewe waar Josef by `n matige vuur gerus het.  

[16] Toe hulle daar aangekom het, het Cornelius aan Salóme gesê: 

[17] “Kyk eers daar! Daar langs die vuur, is dit nie die jeugdige Maria, Josef se vrou met haar Kind nie? 

[18] En daardie bejaarde man, sê my, is dit nie Josef, daardie wonderlike man wat ons in Betlehem leer ken het nie?” 

[19] Toe het Salóme se oë groot geword en in daardie rigting getuur en geleidelik herken wat Cornelius aan haar gewys het. 

[20] Maar nou was dit dan ook te veel vir Salóme! Sy het inmekaargesak en flou geword en Cornelius het moeite gehad om sy metgesellin weer op die voete te help.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205