Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 261

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Begroeting van die geselskap deur Cornelius en Salóme - Die vermoeide reisigers trek weer in hulle ou huis

(24 Julie 1844)

261 Toe Salóme herstel het van haar floute van verrukking, het sy aan Cornelius gesê: “O vriend, dit is te veel op een keer vir `n swak mens! 

[2] Gun my nog `n oomblikkie rus, dan sal ek na die heilige gesin toe gaan, en hulle meedeel, dat ek hulle hoewe vir hulle in stand gehou het!” 

[3] Cornelius het gesê: “Weet jy wat, as jy te swak voel, laat my dan namens jou gaan om die gesin te laat weet wat jy vir hulle gedoen het! 

[4] Want kyk, ons moet geen tyd verloor nie! Hierdie verhewe reisigers sal baie moeg wees, en het so gou moontlik goeie huisvesting nodig; daarom sal ek in jou plek dadelik na hulle toe gaan.” 

[5] Toe Salóme dit van Cornelius gehoor het, het sy gesê: 

[6] “O vriend, jy het gelyk; maar ek is alreeds weer kalm en dus sal ek ook dadelik saam met jou gaan.” 

[7] Na hierdie besluit het beide na die geselskap toe gegaan. 

[8] En Cornelius het die woord gevoer en gesê: “God, die Heer van Israel is met julle, soos ook met my en met my metgesellin Salóme! 

[9] Ek het daarin geslaag om u te herken en daar is nou geen twyfel meer nie dat u, bejaarde opregte man, dieselfde Josef is met u jong vrou Maria, wat drie jaar gelede na Egipte getrek het om aan die vervolging van Herodus te ontkom. 

[10] Daarom het ek vinnig hierheen gekom om u dadelik te ontvang en in u eiendom in te lei.” 

[11] Toe Josef dit van Cornelius gehoor het, het hy opgestaan en hom gevra: 

[12] “Goeie man, wie is u dan dat u so-iets aan my kan bekend maak? 

[13] Sê my u naam, dan sal ek u dadelik volg!” 

[14] En Cornelius het gesê: “Mees verhewe grysaard! Kyk, ek is die landvoog van Jerusalem 

[15] en my naam is Cornelius. Ek is dieselfde een wat in Betlehem `n klein vriendediens aan u bewys het. 

[16] Bekommer u daarom nou oor niks nie, want kyk, hierdie vriendin van my, Salóme uit Betlehem, het u opdrag noukeurig uitgevoer!”  

[17] Nou het Salóme voor Josef se voete neergeval en met bewende stem gesê: 

[18] “Wat `n vreugde vir my, arme sondares, dat my onwaardige oë u weer sien! 

[19] O, kom, kom saam na u huis! Want my huis is so `n barmhartigheid nie werd nie!”

[20] Josef is nou tot trane toe beweeg en het gesê: 

[21] “O groot God en Vader, hoe goed is U! U lei die vermoeide reisiger steeds altyd na die allerbeste doel!” 

[22] Daarop het hy Cornelius en Salóme omhels, waarna hy dadelik met hulle saamgegaan het na sy hoewe.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205