Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 263

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Salóme nooi Josef se gesin uit na die ontbyt - Die lieflingsgereg van die Kindjie Jesus - Liefdesvreugde van die Kindjie en van Salóme

(26 Julie 1844)

263 In die oggend was almal in beide huise alreeds vroeg op die been. Salóme was in haar kombuis besig met die voorbereiding van `n goeie ontbyt, bestaande uit heuningkoeke, `n goeie dik vissop en verskeie fyn kwaliteit visse, 

[2] waarvan die forelle, wat `n mens daar dikwels in die bergstroompies vang, wel die beste was. 

[3] Toe die ontbyt klaar voorberei was, het Salóme vinnig na die huis van Josef gegaan waar sy Josef en al sy mense vir die ontbyt uitgenooi het. 

[4] En Josef het gesê: “Maar liewe vriendin, waarom berei jy vir jouself om my ontwil tog soveel onkoste en moeite? 

[5] Kyk, my seuns is ook alreeds in die kombuis besig met die voorbereiding van `n oggendete; 

[6] daarom het jy ook nie nodig gehad om so gasvry vir ons te sorg nie!” 

[7] Maar Salóme het gesê: “O mees verhewe vriend! Versmaai tog nie die werk van u diensmaagd nie en kom!” 

[8] Dit het Josef diep ontroer en hy het almal in sy huis byeengeroep en hulle het saam met Salóme na haar huis vir die ontbyt gegaan. 

[9] Op die drumpel het Cornelius hulle ingewag en hulle baie hartlik verwelkom. 

[10] En Josef was baie verheug, toe hy nou in die sonlig sy vriend Cornelius nou weer volkome herken het. 

[11] hulle het daarop almal na die mooi eetkamer gegaan, waar die ontbyt op die gaste gewag het. 

[12] Toe die Kindjie egter die visse op tafel gesien het, het Hy geglimlag en na Salóme toe gehardloop en aan haar gesê: 

[13] “Wie het jou dan vertel, dat Ek so graag vis eet?

[14] Daarmee het jy My wel `n groot vreugde berei, want sien, dit is My lieflingsgereg! 

[15] Ek eet ook wel graag heuningkoeke en dik vissop met koringbrood, 

[16] maar Ek hou tog meer van vis as van alle ander spyse. 

[17] Daarom is jy nou werklik goed, (het Ek jou nou ook baie lief) omdat jy so goed aan My gedink het en Ek het daarom baie lief geword vir jou!” 

[18] Deur hierdie kinderlike lofprysing was Salóme alweer buite haarself van vreugde en het geween. 

[19] Maar die Kindjie het gesê: “Salóme, jy huil altyd as jy groot vreugde oor iets het; 

[20] maar kyk, Ek is geen vriend van huil nie! Daarom moet jy ook nie altyd huil as iets jou verheug nie, dan sal Ek nog liewer vir jou wees! 

[21] Kyk, Ek sou baie graag op jou skoot wil sit en die vis wil opeet, 

[22] maar Ek durf dit tog nie waag nie, omdat jy dan van pure vreugde te veel sou huil!” 

[23] Toe het Salóme soveel moed moontlik geskep en aan die Kindjie gesê: 

[24] “O Heer, wie kan dan wel U sonder trane in die oë aanskou?” 

[25] En die Kindjie het gesê: “Kyk maar na My broers, hulle sien My ook daagliks en hulle huil nogtans nie as hulle My sien nie!” 

[26] Daarop het Salóme weer rustig geword en almal het aan die tafel plaasgeneem en die Kindjie het op Salóme se skoot gaan sit.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205