Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 265

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Vraag van Cornelius of Cirénius op hoogte is met die vertrek van Josef uit Egipte - Josef se verstandige antwoord - Cornelius gee Josef uitleg oor die Romeinse geheime manier van skryf

(29 Julie 1844)

265 Hierna het Cornelius aan Josef gevra of Cirénius wel in kennis gestel was daarvan dat Josef naamlik Egipte verlaat het. 

[2] En ingeval hy dit nie geweet het nie, of hy dan nie dadelik met inagneming van staatkundige redes, volledig daarvan in kennis gestel moes word nie. 

[3] Josef het gesê: “Vriend, doen met jou broer wat jy wil, 

[4] maar ek vra jou of jy (één ding) aan hom sou wou sê, dat hy immers nie te gou na my toe moet kom nie! 

[5] En as hy dan nogtans sou wou kom, laat hom dan in die nag as dit donker is kom, sodat niemand iets daarvan merk dat hy na my toe kom nie, 

[6] sodat my huis daardeur geen ongewenste aandag sou trek nie, wat vir my en vir die Kindjie skadelik sou wees en steurend sou kon inwerk op die goddelike rus in my huis!” 

[7] Toe Cornelius dit van Josef gehoor het, het hy gesê: 

[8] “O mees verhewe vriend, wees maar gerus daaroor! Want ons Romeine is meesters daarin om streng incognito na iemand toe gaan; 

[9] as ek môre na Jerusalem gaan, sal dit dus my eerste werk wees, dat ek my broer in alle stilte deur middel van `n geheime skrywe sal laat weet dat jy hier is. 

[10] As dit daarop sou aankom, wil ek Archeláüs self met so `n geheime skrywe na my broer stuur en hy sal nie weet wat daarin staan nie, ook al sou hy die brief onverseëld in sy hande hê!” 

[11] Josef het egter aan Cornelius gevra hoe so `n geheime manier van skryf dan wel moontlik sou wees. 

[12] En Cornelius het gesê: “O mees verhewe vriend! Niks is makliker as dit nie. 

[13] Kyk, jy neem `n lang strook perkament, ongeveer die breedte van `n vinger. 

[14] Hierdie strook draai jy dan noukeurig spiraalgewys om `n ronde staaf op so `n wyse dat die rande presies teen mekaar aansluit. 

[15] As die strook dan so om die ronde staaf gedraai is, dan skryf jy, in die lengterigting van die staaf, oor alle windings van die perkament heen jou geheim. 

[16] Nou het Cirénius `n staaf wat presies net so dik is soos myne. 

[17] Sodra ek klaar geskryf het, dan word dit van die staaf afgerol en met veiligheid heeltemal oop deur wie ookal na my broer gestuur 

[18] en geen mens is dan in staat om sonder dieselfde dikte staaf die inhoud van `n dergelike skrywe ook maar in die verste verte te ontsyfer nie; 

[19] want hy ontdek op die strook niks anders as meestal losstaande letters of hoogstens lettergrepe, waaruit hy beslis nooit in ewigheid kan uitmaak wat daar op die strook staan nie! Josef, het jy my verstaan?” 

[20] En Josef het gesê: “Heeltemal, geliefde broer! 

[21] Dus mag jy wel in elk geval aan jou broer skryf, want so sal sekerlik niemand die geheim ontsyfer nie!” 

[22] Daarop het Cornelius hom tot Eudokia gewend en met haar gedagtes oor verskillende dinge gewissel.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205