Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 267

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Cornelius heg die vrybrief van Rome aan Josef se huis - Die Romeinse belastingstelsel - Belofte van die Kindjie aan Cornelius

(31 Julie 1844)

267 Binne `n paar uur was Cirénius reisvaardig, maar eers het hy nog saam met Josef na sy huis gegaan om daar, soos belowe, op die deur van die huis `n metaalbordjie met die kop- en die handtekening van die keiser daarop, aan die deur van die huis vas te heg. 

[2] Hierdie bordjie was `n teken van vrystelling deur die keiser, of so te sê `n vrystellingsbrief, waarvolgens die pagkoning van daardie land geen regte oor daardie huis mag uitgeoefen het nie. 

[3] Toe Cornelius klaar was met hierdie werk, het hy sy griffel geneem en onder die bordjie op die deur in die Romeinse taal geskryf: 

[4] Tabulam hanc libertatis Romanae secundum judicum Caesaris Augusti suamque voluntatem affigit Cornelius Archidux Hierosolymae in plena potestate urbis Romae. (Hierdie Romeinse vrystellingsbrief het Cornelius, owerste van Jerusalem, op grond van die uitspraak en wil van keiser Augustus, met volmag van die stad Rome hier vasgeheg). 

[5] Toe Cornelius ook met hierdie inskrif klaar was, het hy aan Josef gesê: 

[6] “Mees verhewe vriend, nou is jou huis en jou ambag vry van elke belasting wat Archeláüs jou sou wou oplê. 

[7] Alleen die belastingpenning*, wat jy hopelik maklik kan spaar, moet jy jaarliks aan Rome betaal! * (1 Groschen = `n 10 penningmuntstuk)  

[8] Hierdie belastingpenning kan jy in Jerusalem self of ook hier in Nasaret by die keiserlike administrasiekantoor vir `n ontvangsbewys betaal. 

[9] Hiermee is jy nou gevrywaar van elke vervolging van die kant van die pagkoning; maak egter `n traliewerk oor die bord, sodat niemand dit van jou sal steel en dit wat ek daaronder geskryf het, beskadig nie!” 

[10] Josef het in sy hart God die Heer vir soveel barmhartigheid gedank en Cornelius verskeie kere geseën. 

[11] Ook die Kindjie het na Cornelius toe gekom en aan hom gesê: 

[12] “Luister nou ook eers na My, Ek wil ook iets aan jou sê om jou `n groot loon te gee! 

[13] Kyk, jy het nou aan die huis van Josef `n groot weldaad bewys; 

[14] Net so sal Ek ook eens dieselfde vir jou hele huis doen! 

[15] Ook al is die huis nie die eiendom van My pleegvader nie, maar net van Salóme, omdat sy dit gekoop het, 

[16] dan wil Ek tog in die toekoms aan jou eie hele huis veelvoudig vergoed wat jy aan hierdie huis van Salóme gedoen het. 

[17] Jy het die teken van keiserlike vrystelling eiehandig aan die deur van die huis vasgeheg en jou onderskrif daaraan toegevoeg. 

[18] So sal Ek ook eens Self My Gees oor jou hele huis laat kom, waardeur die ewige vryheid van God se hemele jou ten deel sal val, en daarin die ewige onverganklike lewe in My Ryk!” 

[19] Nou het Cornelius die Kindjie opgetel en Hom ge kus en hy het geglimlag oor so `n merkwaardige belofte van die Kindjie; 

[20] want hoe sou hy immers kon verstaan het wat die Kindjie in so `n diepe, Goddelike wysheid aan hom gesê het? 

[21] En die Kindjie het gesê: “Jy sal dit eers verstaan as My Gees oor jou sal kom!” 

[22] Hierna het die Kindjie weer na sy Jakob toe gehardloop. Cornelius het hom voorberei om te vertrek en Josef het begin om in die huis alles volgens sy behoeftes te orden.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205