Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 268

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef reël die huishouding en bespreek met Maria `n besoek by familielede en kennisse - Eienaardige gedrag en merkwaardige woorde van die Kindjie

(01 Aug 1844)

268 Toe Josef met die werksame hulp van Salóme die dag in sy huis alles so goed moontlik in die regte orde gebring het, het hy God gedank en was vol vreugde dat hy weer so goed opgeneem was in die land van sy voorvaders. 

[2] Die volgende dag, nadat hy die versorging van die huishouding vir die dag oorgedra het aan sy vier oudste seuns, het hy aan Maria gesê: 

[3] “Maria, my getroue vrou! Kyk, ons het in hierdie plek menige familielede en ander goeie vriende en bekendes; 

[4] neem die Kindjie en Jakob en as jy wil, ook Eudokia en die vyf meisies saam, 

[5] dan sal ons vandag die hele dag aan alle familielede, vriende en kennisse wat hier in Nasaret en omgewing woon, `n besoek bring, 

[6] sodat ook hulle, wat sekerlik lank medelye met my gehad het, hulle weer oor ons aanwesigheid kan verheug! 

[7] Ek sal dan by die geleentheid miskien ook weer `n goeie werk kry om vir julle almal die daaglikse noodsaaklike brood te verdien.” 

[8] Maria was baie verheug oor ingenome met hierdie voorstel en alles vir hierdie doel gereël. 

[9] Net die Kindjie wou aanvanklik nie saamgaan nie. Maar toe sy moeder Hom gevlei het, het Hy Homself ewenwel laat aantrek en oorhaal om mee te gaan. 

[10] Maar die Kindjie het gesê: “Ek gaan wel met julle saam, maar niemand mag My dra nie! 

[11] As Ek gaan, dan wil Ek oral waar julle wil gaan, tussen julle stap. 

[12] Vra My egter nie waarom Ek dit so wil hê nie, want Ek sê nie presies altyd alles, waarom Ek dit sus of so doen nie!” 

[13] Maria het aan die Kindjie gesê: “O, Jy sal Jou wel graag laat dra as Jy baie moeg word!” 

[14] En die Kindjie het gesê: “Wees geensins besorg daaroor nie! Want Ek word nooit moeg as Ek dit nie wil nie. 

[15] As Ek dit egter wil, dan word Ek ook moeg, maar dan is My vermoeidheid `n oordeel vir die mense; 

[16] want alleenlik die sonde van die mense kan My sover bring, dat Ek moeg wil word vanweë die sonde van die mense! 

[17] Maar Ek sê julle veral, dat niemand van julle My moet verraai nie! 

[18] Want dit is genoeg dat julle dit weet, dat Ek die Heer is! 

[19] Julle weet dit sonder oordeel, want julle harte is uit die hemele. 

[20] Maar as die mense van die aarde dit voortydig sou verneem, dan sou dit hulle oordeel wees en hulle sou moes sterf! 

[21] Daarom wou Ek ook nie dadelik saamgaan nie. 

[22] Ek moes julle dit vooraf meedeel. Omdat julle dit nou weet, wil Ek wel met julle saamgaan. 

[23] Maar verstaan dit goed, Ek wil loop en nie gedra word nie, sodat die aarde deur My treë gewaarword, wie nou haar bodem betree!” 

[24] Almal het hierdie woorde goed ter harte geneem en het hulle toe dadelik op pad na hulle familie, vriende en kennisse begewe.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205