Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 270

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Onbewustelik gee die mense `n ware getuienis - Josef se goeie antwoord aan hulle - Josef deur sy vriend hartlik ontvang

(03 Aug 1844)

270 Toe Josef egter in die stad gekom het, het hy die mense in groot angs en verwarring deurmekaar sien hardloop 

[2] en almal het geskreeu: “God, die Heer van Abraham, Isak en Jakob, het ons swaar beproef! 

[3] Laat ons ons klere skeur, ons hoofde met as bestrooi en boete doen, sodat die Heer Hom weer oor ons sou ontferm!” 

[4] So het daar ook sommige na Josef gekom en hom haastige gevra of hy nie ook sy klere sou skeur nie. 

[5] Maar Josef het gesê: “O broers, as julle wel boete wil doen, doen dit dan liewer in julle harte as in julle klere! 

[6] Want die Heer kyk nòg na die kleur van jou klere, nòg of dit heel of geskeur is; 

[7] maar die Heer kyk alleen na die hart, hoe dit daarmee gesteld is! 

[8] Want in die hart is daar slegtighede soos: Bose gedagtes, begeerte, `n bose wil, 

[9] ontug, hoerery, egbreuk en dergelike meer. 

[10] Laat hierdie dinge weg uit jou hart as dit daarin is, dan sal julle beter doen as om julle klere so te skeur en julle hoof met as te bestrooi!” 

[11] Toe die vreesbevange Nasaréners hierdie woorde van Josef gehoor het, het hulle teruggewyk en baie van hulle het onder mekaar gesê: 

[12] “Kyk daar, wie is die man, wat sulke woorde in sy mond neem as`t ware asof hy `n groot profeet sou wees?” 

[13] Maar die Kindjie het aan Josef gestamp en glimlaggend gesê: 

[14] “Dit het jy goed gesê! Dit het hierdie blindes nodig gehad! 

[15] Maar nou moet die aardbodem weer rus hê, sodat ons ongestoord verder kan wandel!” 

[16] Hierna het die familie na `n vriend van Josef gegaan, wat arts in Nasaret was. 

[17] Toe hierdie vriend die bejaarde Josef gesien het, het hy hom vinnig met al sy mense tegemoet gehardloop en hom om die hals geval en uitgeroep: 

[18] “O Josef, Josef, my liewe vriend en broer! Waar kom jy in hierdie benarde uur vandaan? 

[19] Waar was jy dan tog al die drie lange jare gewees?

[20] Waar kom jy nou vandaan? Welke engel van God het jou dan nou hierheen gebring?” 

[21] Maar Josef het gesê: “Broer, laat ons eers die huis binnekom en gee ons water om ons voete te was, 

[22] dan sal jy alles verneem, waar ek gewees het en waar ek nou vandaan kom!” En die arts het dadelik Josef se vervul.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205