Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 273

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die Kindjie stel die vertroue van die siekes by die arts op die proef en genees `n meisie wat aan jig ly

(07 Aug 1844)

273 Na hierdie het die klein Jesus vrolik in die kamer rondgeloop en aan die siekes wat allerlei gebreke het, gevra wat hulle makeer en hoe hulle aan sulke kwale gekom het.

[2] Die siekes het egter gesê: “Wel, jou klein, opgewekte seuntjie, dit het ons alreeds aan die dokter vertel wat ons vervolgens gesond sal maak.

[3] Dit sou nie betaamlik wees om nou in die teenwoordigheid van die gaste ons sondes te erken wat sekerlik die oorsaak van ons liggaamlike gebreke is nie;

[4] gaan Jy dus maar na die arts, dan sal hy dit wel aan Jou vertel as dit vir Jou gepas is!”

[5] Nou het die Kindjie geglimlag en aan die siekes gesê:

[6] “Sou julle My die oorsake van julle gebreke ook nie dan wou vertel as Ek julle met algehele sekerheid sou kon help nie?”

[7] En die siekes het gesê: “O ja, dan wel,

[8] maar daarvoor sal Jy nog baie moet leer! Daar sal nog heelwat tyd verstryk voordat Jy `n arts is.”

[9] Die Kindjie het gesê: “O, geensins, want Ek is alreeds lankal `n volleerde arts wat dit selfs so ver gebring het, dat Ek ook oombliklik kan genees.

[10] En Ek sê julle: Wie van julle homself as eerste aan My toevertrou, sal ook as eerste en wel onmiddellik, gesond word!”

[11] Nou was daar ook `n meisie van twaalf jaar wat aan jig gely, wat welbehae in die Kindjie gehad het en sy het aan Hom gesê:

[12] “Kom dan maar hierheen, jou klein Arts; ek wil my deur Jou laat genees!”

[13] Nou het die Kindjie na die meisie toe gehardloop en aan haar gesê:

[14] “Omdat jy My die eerste geroep het, sal jy ook die eerste gesond word!

[15] Sien jy, Ek ken die oorsaak van jou siekte; dit lê by hulle wat jou verwek het,

[16] maar jy is sonder sonde en daarom sê Ek aan jou:

[17] Staan op en loop self sonder hulp en dink aan My!

[18] Maar sê aan niemand dat Ek jou genees het nie!”

[19] En kyk, die twaalfjarige meisie het op dieselfde oomblik gesond geword; sy het opgestaan en self sonder hulp geloop.

[20] Toe die ander siekes dit gesien, wou ook hulle genees word.

[21] Maar die Kindjie het nie naby hulle beddens gekom nie, omdat hulle dit vroeër nie wou gehad nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205