Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 275

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die heilige familie by die onderwyser Dumas - Josef vertel aan hom sy verhaal - Die Kindjie tussen die skoolkinders

(09 Aug 1844)

275 Toe Josef na enkele persoonlike besprekinge met die arts oor moontlike timmermanswerk weer op weg gegaan het, het die arts hom tot by `n volgende vriend begelei, wat onderwyser in Nasaret was en Dumas geheet het.

[2] Vandaar het die arts weer na sy huis teruggegaan en Josef egter het by Dumas se skool na binne gegaan.

[3] Hy herken hom egter nie so gou herken nie, want hy het sy ou vriend lank nie gesien nie (en het hom dus vergeet).

[4] Josef het hom gevra of hy hom dan werklik nie meer geken het nie.

[5] Dumas het oor sy voorhoof gevryf en gesê:

[6] “Jy lyk wel opvallend baie na `n sekere Josef wat hier drie jaar gelede probleme gehad het vanweë `n sekere tempelmeisie;

[7] hierdie andersins baie opregte man moes in dieselfde tyd ook sak en pak na Betlehem om homself te laat registreer.

[8] Wat daar verder met hom gebeur het, weet ek nie.

[9] Kyk, jy het wel grootste ooreenkoms met hierdie baie dierbare man, maar dit sal sekerlik nie jy wees nie?!”

[10] En Josef het gesê: “En as ek nou nogtans dieselfde een sou wees, sou jy my dan nie timmerwerk in opdrag wou laat toekom nie?

[11] Want sien, ek bewoon nou weer my ou paghoewe.”

[12] Toe Dumas dit van Josef gehoor het, het hy gesê:

[13] “Ja, nou sien ek dit, jy is dit, jy is werklik my ou vriend en broer Josef!

[14] Maar waar kom jy nou in hemelsnaam vandaan?”

[15] Josef het aan hom gesê: “Broer, gee my eers `n nat lap om my voete van die stof te reinig, dan sal ek jou alles vertel wat jy moet weet!”

[16] En Dumas het dadelik `n nat lap en `n kruik water laat bring en die hele geselskap van Josef het hulle voete gereinig, waarna hulle die skoolgebou van Dumas binnegegaan het.

[17] Josef het hier baie kortliks sy geskiedenis gedurende die afgelope drie jaar vertel.

[18] Intussen het die klein Jesus Homself besiggehou met sommige skoolkinders wat juis hier aanwesig was en wat geleer lees en skryf het.

[19] Een van die skoolkinders het dadelik iets aan die Kindjie voorgelees, maar het daarby foute gemaak.

[20] Die Kindjie het die hele tyd geglimlag en die een wat voorgelees het, se foute fluks reggestel.

[21] Dit het spoedig alle skoolkinders opgeval en hulle het Hom gevra wanneer en waar Hy tog so goed geleer lees het.

[22] En die Kindjie het gesê: “O, dit is My so aangebore!”

[23] Nou het alle kinders gelag en hulle het na Dumas gegaan en hom dit alles vertel. Hy het toe geïnteresseerd geraak in die Kindjie en begin om aan Josef vrae te stel oor die vermoë van die Kind.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205