Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 276

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Verbaasde vraag van Dumas vanweë die Kind - Die filosofiese wyse antwoord van Josef, `n Sokrates waardig –Dumas se lof vir die filosowe - Die Kindjie vertel Dumas oor profete en filosowe

(10 Aug 1844)

276 Toe Josef egter gesien het hoeveel moeite Dumas gedoen het om te wete te kom waar die Kindjie sulke wonderlike eienskappe vandaan het, het hy aan hom gesê:

[2] “Broer, ek weet nog baie goed dat jy die wysheid van die Grieke bestudeer het en dikwels het jy my wyse stellings van Sokrates voorgesê.

[3] Een daarvan lui soos volg: Die mens hoef niks te leer nie, maar net sy gees word gewek langs die weg van herinnering,

[4] dan het die mens alles wat hy nodig het vir die hele ewigheid.

[5] Kyk, dit het jy my as `n wyse leraar van die jeug baie dikwels vertel.

[6] En kyk, as so `n grondbeginsel van jou sekerlik waar is, wat is daar dan nog verder nodig?!

[7] Hier sien jy dus niks anders as `n lewende bevestiging van jou Sokratiese stelling nie.

[8] In hierdie Kind van my is die gees baie vroegtydig deur `n eie ontwikkeling in Sy natuur opgewek, waardeur hierdie Mensekind ook nou al vir ewig voldoende het

[9] en ons hoef Hom daarom niks meer te gee as wat Hy uit Homself het nie.

[10] Vind jy dit nie ewe korrek soos wat een en een saam twee is nie?”

[11] Dumas het nou aan sy voorhoof geraak en met `n sekere gevoelvolle besieling gesê:

[12] “Ja, so is dit; dus was ek hy wat die Judese domkoppe iets van hierdie wysheid onder die neus gevryf het!

[13] Waartoe ek jou uiteraard nie reken nie, want jy is juis byna die enigste met wie ek welbegrepe oor die goddelike Sokrates, Aristoteles, Plato en dies meer kon praat.

[14] Ook ons het weliswaar baie groot manne soos byvoorbeeld die profete en die eerste groot konings van die volk;

[15] maar vir die praktyk is hulle nie so goed bruikbaar soos die ou Griekse wyses nie.

[16] Want ons profete gebruik steeds `n taal wat hulle self weliswaar net so min as ons nou verstaan het.

[17] Die ou Grieke is daarenteen heel anders:

[18] Hulle sê helder en duidelik wat hulle bedoel en is dan ook vir praktiese mense van die grootste nut.

[19] Dit berus sekerlik ook daarop dat hulle net soos ek leraars van die volk was.”

[20] Josef het by hierdie geleentheid geglimlag, want hy het gesien dat sy ou vereerder van die Grieke nog niks verander het nie, maar ook dat hy nog steeds homself verhef het.

[21] Hy het hom daarom gelyk gegee, om sy Kind nie verdag te maak nie.

[22] Maar die Kindjie Self het na Dumas toe gehardloop en aan hom gesê:

[23] “Maar vriend! Jy is nog baie wasig en dom as jy die Judese wyses as minder ag as die Griekse filosowe,

[24] want eersgenoemdes het vanuit God gepraat, terwyl laasgenoemdes vanuit die wêreld gepraat het.

[25] En omdat jy nog so vol is van die gees van die wêreld, en leeg is van die Gees van God, daarom verstaan jy die wêreldse ook beter as die Goddelike!”

[26] Dit het Dumas hard getref. Hy het geleerd gegaap en net dit in Latyn aan Josef gesê: “Dixit puer ille! Ergo autem intelligo eius ironiam quam acerbam (Hy het gepraat, die Seun! Sy spot kom vir my egter baie skerp voor. Ek het gepraat.)” Daarop het hy weggegaan en Josef laat sit; Josef het egter ook nou verder gegaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205