Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 279

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die vyfjarige Kindjie speel by `n stroompie – die twaalf kuiltjies en die twaalf mossies – die uitleg van die beeld – ergernis van die Aartsjood en die wonderwerk van die Kindjie

(14 Aug 1844)

279 Toe die Kindjie vyf jaar en enkele weke oud was, het Hy eenkeer op `n Sabbat na `n stroompie gegaan, wat naby die paghoewe van Josef gevloei het.

[02] Dit was `n sonnige dag en verskeie kinders het die opgeruimde klein Jesus daarheen begelei,

[03] want al die bure se kinders was baie lief vir Jesus, omdat Hy altyd opgeruimd was en geweet het hoe om talle onskuldige kinderspeletjies te reël.

[04] Om hierdie rede het die bure se kinders Hom ook hierdie keer met vreugde gevolg.

[05] Toe die klein groepie by die stroompie aangekom het, het die Kindjie aan Sy medespelers gevra of dit wel geoorloof sou wees om op `n Sabbat te speel.

[06] Die kinders het egter gesê: “Kinders onder ses jaar is nie onder die wet nie en elkeen van ons is nog skaars ses jaar oud, daarom kan ons wel op die Sabbat speel; want ons ouers het ons dit nog nooit verbied nie.”

[07] En die Kind Jesus het daarop gesê: “Goed geantwoord! Laat ons dus speel!

[08] Maar sodat ons nogtans niemand ergernis gee nie, sal Ek alleen aan julle iets baie merkwaardigs wys.

[09] Julle moet julle egter daarby heel rustig gedra!”

[10] Daarop het die ander kinders op die grasryke grond gaan sit en hulle heel rustig en muisstil gedra.

[11] Die Kindjie het egter `n sakmessie geneem en op die gladgelope pad langs die stroompie twaalf klein, ronde kuiltjies uitgesny en dit toe met water uit die stroompie gevul.

[12] Daarna het Hy van die volop sagte klei langs die stroompie geneem en in `n oogwink twaalf voëltjies in die gestalte van mossies gevorm en by elke kuiltjie `n mossie geplaas.

[13] Toe die mossies van klei dus so opgestel was, het die Kindjie aan Sy medespelers gevra of hulle geweet het, wat dit beteken.

[14] En hulle het gesê: “Wat anders as wat dit is? – Twaalf kuiltjies vol water en daarlangs twaalf mossies van klei!”

[15] Die Kindjie het egter gesê: “Sekerlik, maar hierdie beeld beteken ook nog iets heel anders.

[16] Luister, Ek wil dit aan julle verduidelik! Die twaalf kuiltjies beteken die twaalf stamme van Israel.

[17] Die rein water in hulle is die Woord van God, wat oral dieselfde is;

[18] Die dooie mossies van klei egter stel die mense voor, soos wat hulle nou oor die algemeen is.

[19] Hulle staan by die lewende water van die Woord van God, maar omdat hulle wêrelds is, soos hierdie mossies, staan hulle ook soos hulle hier, dood aan die lewenskomme wat vol van die lewe is;

[20] maar hulle wil en kan dit nie waardeer nie, omdat hulle dood is deur hulle sondes.

[21] daarom kom die God van die leërskare nou en sal in die grootste benoudheid hierdie mense weer lewendig maak en hulle sal kan opvlieg na die wolke van die hemel.”

[22] `n Aartsjood, wat daar verbygegaan en Josef geken het, het egter hierdie kinderspel opgemerk. Hy het dadelik vinnig na die huis gegaan en `n groot lawaai gemaak voor Josef, waarom hy daardeur die Sabbat skend, dat hy sy kinders toelaat om te speel!

[23] Josef het dadelik met hom na die kinders gegaan en het sekerlik net `n skyngeraas gemaak om die vreemdeling se ontwil.

[24] Toe het die Kindjie gesê: “Dit is ook `n groot benoudheid! En so gee Ek aan julle mossies van klei lewe en vlieg nou hiervandaan!”

[25] En plotseling het die mossies van klei opgestyg en daarvandaan af weggevlieg. Daarna is almal deur `n koorsagtige verbasing aangegryp en die aartsjood het toe niks verder gesê nie. – Dit was die eerste wonderwerk van die Kindjie, toe Hy vyf jaar oud was.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205