Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

DIE WYSES VANUIT DIE MÔRELAND

Josef se aandrang om na Nasaret te vertrek - Die raad van die hoofman om te wag - Die berig oor `n karavaan uit Persië en oor die speurders van Herodus op soek na die Kind - Maria se ernstige trooswoorde

(12 Sept. 1843)

 (Matthéüs.2:1-12).

28 Die volgende oggend met die aanbreek van die dag het Josef gesê: ”Wat sal ons nou nog langer hier doen? Maria is weer versterk, laat ons daarom nou na Nasaret vertrek waar ons tog `n behoorlike verblyf het!” 

[2] Maar toe Josef al aanstaltes begin te maak om te vertrek, het die hoofman gekom, wat voor die aanbreek van die dag al iets in die stad te doen gehad het, weer terug en het aan Josef gesê: 

[3] ”Waardige man van God! U wil na u huis vertrek, maar vir vandag, môre en oormôre raai ek u dit af!  

[4] Want kyk, so pas het deur my mense, wat vanoggend alreeds baie vanuit Jerusalem aangekom het, berigte my ter ore gekom, dat daar in Jerusalem drie enorme Persiese karavane ingetrek het! 

[5] Die drie hoofleiers, wat magiërs was, skyn by Herodus belangstellend na die nuutgebore Koning van die Judeërs navraag te gedoen het! 

[6] Hy, (Herodus) wat as Romeinse leenheer uit Griekeland van die saak niks geweet het nie, het homself tot die owerpriesters gewend, sodat hulle hom te kenne sou gee, waar die nuutgesalfde gebore sou word. 

[7] Hulle het hom meegedeel, dat so-iets in Judea, en wel in Betlehem sou moes geskied, want so het dit geskryf gestaan. 

[8] Daarop het Herodus die priesters laat gaan, begeef hom met al sy dienspersoneel weer na die drie aanvoerders en aan hulle bekend gemaak, wat hy van die owerpriesters uitgevind en te wete gekom het, 

[9] en het die drietal aangeraai om in Judea so sorgvuldig moontlik na die nuutgesalfde Koning van die Judeërs te soek, en as hulle hom sou vind, weer spoedig na hom terug te keer, sodat ook hy aan die Kind dan sy hulde sou kon bring! 

[10] “Weet jy, my geliefde vriend Josef, dat ek nie die Perse vertrou nie, maar die minste nog die uiters heerssugtige Herodus vertrou?! 

[11] Die Perse sou magiërs wees en het na bewering die geboorte ontdek deur die verskyning van `n merkwaardige ster! Dit wil ek heeltemal nie ontken nie, wat as hier by die geboorte van hierdie Knapie sulke groot wonders voorgekom het, dan sou dat ook in Persië kon gebeur. 

[12] Maar dit is in hierdie saak ook juis die neteligste omstandighede, want blykbaar gaan dit om hierdie Kind! Vind die Perse Hom, dan sal ook Herodus Hom vind, 

[13] en ons sal ons dan tot die uiterste moet verset om aan die kloue van die ou jakkals te ontkom! 

[14] Daarom moet jy, soos gesê, nog minstens drie dae hier op hierdie afgeleë plek bly, binne welke tyd ek met die koningsoekers sekerlik `n goeie wending sal kan bewerkstellig; want kyk, ek voer hier die bevel oor twaalf legioene soldate! - Meer hoef ek jou ter gerusstelling nie te sê nie. Jy weet nou die noodsaaklikste; bly daarom hier! Ek gaan nou weer en sal rondom die middag weer na jou toe kom!” 

[15] Josef, wat met sy hele gesin deur die berig verontrus was, het gebly en in alle berusting in die wil van die Heer afgewag, wat daar uit hierdie merkwaardige beskikking sou voortvloei. 

[16] Hy het na Maria gegaan en haar vertel wat hy so pas van die hoofman gehoor het! 

[17] Maar Maria het gesê: ”Die wil van die Heer geskied! Wat het ons tot nog toe al nie vir bittere dinge oorgekom nie - en die Heer het alles in heuning verander! 

[18] Ook die Perse sal ons beslis geen kwaad aandoen nie, as hulle egter werklik by ons sou aankom en sou hulle met voorbedagte rade geweld teen ons wil gebruik, dan het ons immers deur JaHWeH se barmhartigheid die beskerming van die hoofman!” 

[19] En Josef het gesê: ”Maria, dit is alles in orde! Ek is ook nie soseer bang vir die Perse nie, maar vir Herodus met sy grys baard, `n verskeurende dier in menslike gedaante, dit is die een vir wie ek bang is en ook die hoofman sien teen hom op! 

[20] Want indien dit dalk deur die Perse bewys word, dat ons Knapie die nuutgesalfde Koning is, dan bly vir ons niks anders oor as `n smadelike vlug nie! 

[21] Want dan sal ook ons hoofman ons om Romeinse politieke redes vir sy eie welsyn tot vyand moes word en sal ons, in plaas van te red, moes vervolg, as hy nie as `n geheime verraaier van die keiser aangesien wil word nie! 

[22] En dit sien hy heimlik ook beslis wel in, daar hy self aan my met betrekking tot Herodus in nie geringe mate sy bedenkinge te kenne gegee het. 

[23] Daarom laat hy ons, dink ek, ook nog drie dae hier wag! Gaan alles goed, dan bly hy sekerlik ons vriend! 

[24] Gaan dit daarenteen sleg, dan het hy ons ook byderhand om ons aan Herodus se wreedheid uit te lewer. Dan sal hy daardeur bowendien van sy keiser `n groot eerbewys ontvang, omdat hy op so `n slim manier `n Judese koning, wat ooit gevaarlik sou kan word vir die staat, uit die wêreld gehelp het!” 

[25] Maar Maria het daarop geantwoord: ”Josef, maak jouself en my nie onnodig onrustig nie! Kyk, ons het immers die vloekwater gedrink en ons het niks oorgekom nie! Waarom sou ons dan nou angstig word, noudat ons danksy die Kind tog al soveel van JaHWeH se heerlikheid gesien en in beproewinge ervaar het?! 

[26] Laat dit gaan soos dit wil, ek sê vir jou: Die Heer is magtiger as die Perse, Herodus, die keiser van Rome en die hoofman tesame met sy twaalf legioene! Wees daarom gerus, soos jy sien dat ek rustig is! 

[27] Verder is ek daarvan oortuig, dat die hoofman eerder alles sal inspan en doen wat hy kan, as dat hy homself tot ons vyand sal laat maak!” 

[28] Hierdeur is die goeie, vrome Josef weer gerusgestel. Hy wag rustig op die hoofman en laat deur sy seuns die grot verwarm en ietwat vrugte kook vir Maria, vir homself en sy seuns.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205