Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 281

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef neem die Kind saam na die land - Die klein Jesus word lelik aangeval - Die herder se jong seun kry `n swaar straf

(17 Aug 1844)

281 Toe die orde hiermee in Josef se huis weer herstel was, deurdat die hoofregter geen klag teen Josef meer wou aanneem nie,

[2] het dit gebeur dat Josef agt dae later na `n nabygeleë dorp moes gaan om `n werksopdrag te besigtig.

[3] Die klein Jesus wou saam met Josef gaan en Josef het Hom ook baie graag saamgeneem.

[4] Die ouers van die verlamde (weens verdorring) jong seun was egter vreeslik toornig op Josef en sy Kind.

[5] Josef moes egter, om die dorp te bereik, langs die huis van die ouers van hierdie jong seun verbygaan.

[6] Toe Josef dus met die Kindjie in die rigting van die huis geloop het, is hy opgemerk

[7] en die toornige buurman het aan een van sy, diensknegte, wat net so erg moedswillig was en wat gewoonlik die skape van die buurman opgepas het:

[8] “Kyk, daar kom juis die timmerman met sy pesgebroedsel die voetpad opgestap!

[9] Gaan en loop jy met alle mag met hierdie pad af!

[10] En as jy by die jong Seun kom wat langs die timmerman loop, stoot hom dan met alle krag om, sodat Hy dood neerval!

[11] En laat die ou spitsboef my dan maar aankla, dan sal ek hom op die wet wys, dat kinders onder twaalf jaar nie toerekeningsvatbaar is ten opsigte van wêreldse sake nie!”

[12] Toe die herderseun dit van sy meester gehoor het, waarby hierdie hom ook nog `n goeie beloning beloof het ingeval hy die Kind sou dood,

[13] het die seun plotseling uit die kamer gehardloop en vinnig met groot vaart Josef tegemoet gehardloop.

[14] Op hierdie oomblik het die verlamde seun Annas in die bed aan sy vader gesê:

[15] “O, kyk hoe vinnig die herderseun sy dood tegemoet hardloop en wat `n verdriet sal dit vir sy ouers wees!

[16] O vader, dit moes u nie gedoen het nie! Want ek sê u soos ek dit nou sien: Josef is regverdig en sy Kind gewyd!”

[17] Daarop het die verlamde seun geswyg en sy vader het oor sy woorde nagedink.

[18] Maar op dieselfde oomblik het die herderseun in volle vaart by die Kindjie aangekom en Hom `n beduidend harde stamp teen die skouer gegee.

[19] Maar die Kindjie het egter nie geval nie en het heel ergerlik aan die herderseun gesê:

[20] “Jy het dit gedoen om die beloning se ontwil! Derhalwe is elke arbeider sy loon werd en - loon is volgens arbeid!

[21] Jou werk was om My te dood; daarom is die dood dan ook jou loon!”

[22] Op daardie oomblik het die herderseun inmekaargesak en was dood.

[23] Josef het baie daaroor geskrik, maar die Kindjie het gesê: “Josef, wees nie bevrees vanweë My nie, want wat hier met `n jong seun gebeur het, sal met die hele wêreld gebeur as dit ons wil omstoot!” Daarop het Josef verder gegaan en het die gestorwe seun volgens die wil van die Kindjie laat lê.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205