Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 282

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef se moeilikheid - Die slegte buurman van Jesus tot swye gebring - Die vraag van die vader van die herderseun en die antwoord van die Kindjie

(19 Aug 1844)

282 Toe Josef egter in die dorp aangekom en daar die werksopdrag in oënskou geneem het,

[2] het die geraas al agter hom aangekom in die dorp; veral van die kant van die vader van die verlamde jong seun.

[3] Hy het in die dorp onmiddellik die ouers van die gestorwe seun opgesoek en hulle teen Josef opgesteek.

[4] En hulle het haastig en vertwyfeld na Josef toe gekom en geskreeu:

[5] “Wyk van hier met jou verskriklike Kind by wie elke woord `n uitgevoerde daad word!

[6] Want kinders behoort altyd `n seën van Bo te wees vir die mense,

[7] maar jou Kind het vir ons net tot `n vloek gekom!

[8] Verdwyn daarom van hier, jou onheilsbringer!”

[9] Hierop het die Kindjie gesê: “As dit so is, wat is julle dan vir My?!

[10] Het u, vader van Annas, nie aan die herderseun gesê dat hy My moes doodmaak nie?

[11] Het u hom selfs nie `n goeie beloning belowe om My dood te maak nie, daar hy dit veilig kon doen omdat hy nog nie onder die wet staan nie?

[12] En kyk, so het Ek dan ook vanuit My vroegtydig gewekte gees gedink:

[13] Ek staan ook nog lank nie onder die wet nie; daarom sal Ek aan die jong seun dan ook dadelik sy welverdiende loon gee!

[14] En as u My of vader Josef vanweë My handeling voor die gereg wil daag, dan sal ook ons weet om aan u die wet uit te lê!

[15] Kyk, dit het Ek, net soos u, gedink en net so gedoen! Hoe kan u nou u eie handelswyse voor ons onredelik vind?”

[16] Deur hierdie woorde van die Kindjie het die vader van die verlamde jong seun ontsettend geskrik,

[17] want dit het vir hom daaruit baie duidelik afgelei dat die Kindjie ook die gedagtes en geheime besluite van die mense geken het

[18] en dat `n mens homself voor Hom dus baie in ag moes neem!

[19] Alle skreeuendes het toe Josef en die Kindjie verlaat.

[20] Alleenlik die vader van die gestorwe seun het voor Josef bly staan en oor om sy jong seun gehuil en gesê: “Om dood te maak is geen kuns nie, maar wel om lewendig te maak!

[21] Daarom moet ook niemand doodmaak wat nie lewendig kan maak nie!”

[22] En die Kindjie het gesê: “Dit sou Ek ook kon doen as Ek wou, maar u jong seun was sleg, daarom wil Ek dit nie doen nie!” Na hierdie woorde het die vader die Kindjie gesmeek. Die Kindjie het gesê: “Môre, maar nie vandag nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205