Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 283

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef se raad aan die vader van die gestorwe herderseun - Josef neem die opdrag aan en keer huiswaarts - Die Kindjie troos die vroue, met name Salóme - Heerlike belofte aan almal wat van goeie wil is

(20 Aug 1844)

283 Die vader van die gestorwe seun wou nie meer van die klein Jesus weggaan nie noudat hy gehoor het dat Hy sy seun weer lewendig sou kon maak.

[2] Toe het Josef aan hom gesê: “Vriend, ek sê vir jou, wees nie opdringerig nie; die Kind het sy eie orde waarvolgens Hy handel;

[3] jy kan Hom nie dwing nie, ook al sou jy nog meer skreeu!

[4] Gaan egter en bring jou jong seun in jou huis en lê hom soos `n sieke op `n goeie bed, dan sal dit môre wel beter met hom gaan!”

[5] Na hierdie woorde het die vader van die gestorwe jong seun Josef eindelik verlaat en sy raad gevolg.

[6] Eers daarna het Josef rus en tyd gekry om die arbeidskontrak met die boumeester, sy opdraggewer, te sluit.

[7] Daarop het Josef hom weer huis toe begewe en Maria, Eudokia en Salóme, wat hom tegemoetgekom het, vertel wat alles met hom op hierdie kort weg gebeur het.

[8] Al drie het hulle verwonder oor so sulke boosaardigheid van die mense.

[9] Maar die Kindjie het gesê: “O, verwonder julle nie oor die slegte mense nie, want as julle dit sou wou doen, dan sou daar op die wêreld buitengewoon baie te verwonder wees!”

[10] Toe het Salóme aan Maria gesê: “Maar my mees verhewe suster! Dit is onbegryplik;

[11] die Kindjie van God hoef maar net Sy heilige mond oop te maak en die wysheid kom goed daaruit.

[12] Hoe ontsaglik versiende wys was hierdie woorde weer!

[13] O, jou uiters gelukkige moeder van so `n Kind!”

[14] En die Kindjie het gesê: “En jy, uiters gelukkige Salóme, wat vir jou Heer `n huis gekoop het

[15] en wat nou getuie daarvan is dat Hy ook persoonlik daarin woon!

[16] Watter verskil is daar wel tussen haar, wat My vir `n kort tyd in haar liggaam geberg het

[17] en tussen My regte huisvrou, wat My vir altyd in haar huis berg?

[18] As `n moeder `n kind in haar liggaam dra, wat doen sy dan eintlik daarbenewens dat hy lewendig word, groei en dan in die wêreld kom?

[19] Is dit nie alles `n werk van God, waaraan die wil van die mens niks kan doen nie?

[20] As iemand egter `n kind in sy huis opneem en hom vir altyd huisvesting, versorging en kos gee, sê My, is dit nie meer nie?!

[21] Waarlik, Ek sê vir jou: Hulle wat My net soos jy in die toekoms geestelik in hulle harte sal opneem, sal vir My gelyk wees aan My moeder, My broers en My susters!”

[22] Hierdie woorde het almal diep in hulle hart ingeskrywe en toe stil en nadenkend huis toe gegaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205